Vandag se sportnuus

Caster Semenya. Foto: (AP Photo/Kamran Jebreili)

Atletiek:

  • Caster Semenya het die naweek die goue medalje by die Prefontaine Classic Diamant Liga-byeenkoms in Kalifornië gewen. Sy het die wedloop in ’n tyd van 1:55.70 kafgedraf.

Hoewel die Suid-Afrikaanse atleet vroeër deur die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies  (IAAF) belet is om aan dié wedlope deel te neem en opdrag gegee is dat sy haar testosteroonvlakke moet reguleer, het ’n Switserse hof intussen dié beslissing eers agterweë gehou.

Semenya kan dus aan die 800 m deelneem totdat die saak afgehandel is.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Lloyd Harris sal sy Wimbledon-veldtog amptelik môre teen Roger Federer begin. Kevin Anderson speel vandag om 12:00 teen Frankryk se Pierre-Hugues Herbert in die openingsronde van die toernooi.

Krieket:

  • Engeland het gister weer sy Wêreldbeker-veldtog op koers gekry toe hulle vir Indië, een van die groot bekeraanspraakmakers, met 31 lopies op Edgbaston geklop het.

Die gasheerland het te danke aan Jonny Bairstow se 111 ’n goeie telling van 337/7 opgestapel, waarna hulle die Indiërs tot 306/5 in hul toegelate 50 boulbeurte beperk het.

Op die puntetabel staan sake tans so:

  1. Australië
  2. Indië
  3. Nieu-Seeland
  4. Engeland
  5. Pakistan
  6. Bangladesj
  7. Sri Lanka
  8. Suid-Afrika
  9. Wes-Indië
  10. Afganistan

Rugby:

  • Die o. 18-Cravenweek begin vandag op Grey Kollege, met die Vrystaters wat om 15:40 in die dag se hoofwedstryd teen die Haaie sal speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.