Vandag se sportnuus

Kevin Anderson (Foto: Wimbledon, Twitter)

Tennis:

  • Suid-Afrika se voorste manstennisspeler, Kevin Anderson, het maklik na die tweede ronde van die Wimbledon-toernooi in Engeland deurgedring.

Die 33-jarige Anderson, verlede jaar se finalis, het Frankryk se Pierre-Hugues Herbert met 6-3, 6-4 en 6-2 ore aangesit. In die proses het hy 16 kishoue geslaan.

  • Intussen sal Lloyd Harris later vandag teen die wêreld se beste grasbaanspeler, Roger Federer, te staan kom.
  • Nóg ’n Suid-Afrikaner, die dubbelster Raven Klaasen, sal sy veldtog amptelik môre begin. Klaasen en sy Nieu-Seelandse spanmaat, Michael Venus, het ook verlede jaar in die eindstryd gespeel.
  • Die eerste dag was propvol opskuddings met Venus Williams, Naomi Osaka, Alexander Zverev en Stefanos Tsitsipas wat almal uitgeskakel is.

Rugby:

  • Die Cravenweek het gister amptelik by Grey Kollege in Bloemfontein afgeskop met die gasheerprovinsie wat die Haaie oortuigend met 46 – 24 gewen het.

Die uitslae:

Westelike Provinsie 50 – 24 Boland

SWD Arende 43 – 22 Pumas

Valke 43 – 24 Luiperds

Vrystaat 46 – 24 Haaie

Krieket:

  • Gister op Chester-le-Street het Sri Lanka die Wes-Indiese Eilande met 23 lopies geklop.

Sri Lanka het eerste gekolf en 338/6 in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken, waarna hulle die Eilandmanne – met ’n veglustige Nicholas Pooran (118) voor in die koor – tot 315/9 beperk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Herman ·

Kan sien hoekom is al ons sport so vrot – dit begin by swak spel soos by die Craven week

jan estruis ·

FAK baie mooi van julle teenoor die gebrandmerkte Steve! Bravo!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.