Vandag se sportnuus

Jaco Peyper is die skeidsregter vir naweek se Superrugby-eindstryd. Foto: Facebook.

Rugby:

  • Jaco Peyper sal in beheer wees van die Superrugby-eindstryd tussen die Crusaders en die Jaguares in Christchurch hierdie naweek.
  • Intussen sal die Kiwi-duo van Scott Barrett en Ryan Crotty die eindstryd weens beserings misloop.

Krieket:

  • Engeland het gister op Chester-le-Street vir die eerste keer sedert 1992 vir die halfeindstryd van die Wêreldbeker gekwalifiseer toe hulle vir Nieu-Seeland met 119 lopies getroef het.

Jonny Bairstow was weer eens die ster en sy 106 lopies het die tuisspan in staat gestel om 305/8 in hul toegelate 50 boulbeurte aan te teken. Daarna het akkurate boulwerk die Kiwi’s tot 186 beperk.

  • Engeland het in 1992 vir Suid-Afrika op ’n omstrede manier in die halfeindstryd van 1992 geklop. Die Proteas – wat toe hul debuut by ’n Wêreldbeker-toernooi gemaak het – moes te wyte aan die Duckworth/Lewis-stelsel 22 van een bal slaan om te wen.

Tennis:

  • Die Amerikaanse tienersensasie, die 15-jarige Coco Gauff, se indrukwekkende opmars by vanjaar se Wimbledon-toernooi duur voort, toe sy vir Magdalena Rybarikova met 6-3 en 6-3 geklop het.

In die proses het sy die jongste speler sedert Jennifer Capriatti in 1991 geword om vir die derde ronde van die toernooi te kwalifiseer.

  • Dan het Suid-Afrika se Kevin Anderson ook na die volgende ronde deurgedring toe hy vir Janko Tipsarevic met 6-4, 6-7, 6-1 en 6-4 verslaan het.
  • Novak Djokovic het maklik met Dennis Kudla klaargespeel, maar Stan Wawrinka het met 7-5, 3-6, 4-6, 6-4 en 8-6 teen Amerika se Reilly Opelka vasgeval. Opelka staan 2,1 m in sy sokkies en is die langste speler by die toernooi.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Geluk Crusaders. Met Jaco se aanwysing as die 31ste man kan julle nie verloor nie. Julle en Stormers is ‘n wen gewaarborg wanneer hy vir julle blaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.