Vandag se sportnuus

Roger Federe. Foto: AP Photo/Tim Ireland

Tennis:

  • Die vertoonwedstryd tussen Roger Federer en Rafael Nadal sal op 7 Februarie in die Kaapstad‑stadion gespeel word.

Die kragmeting sal ten bate van Federer se liefdadigheidsorganisasie aangebied word. Die twee supersterre wil poog om die bywoningsrekord vir ’n tenniswedstryd te verbeter.

Die vorige rekord is 35 681 toeskouers vir die kragmeting tussen Kim Clijsters en Serena Williams in België.

Federer mik na 50 000 toeskouers in Kaapstad.

  • Intussen het Nadal vir Australië se Nick Kyrgios 6-3, 3-6, 7-6 en 7-6 in ’n aksiebelaaide wedstryd geklop.

Die vurige Aussie het in ’n stadium vir Nadal met die bal probeer raakslaan. Hy het tydens die mediakonferensie na afloop van die wedstryd gesê dat hy nie vir die voorval om verskoning vra nie.

  • Roger Federer het maklik vir Jay Clark geklop. Die Switserse meester het die wedstryd 6-1, 7-6 en 6-2 gewen.

Rugby:

  • Die Crusaders en die Jaguares pak mekaar môre om 09:35 in die eindstryd van vanjaar se Superrugby-reeks in Christchurch. Suid-Afrika se Jaco Peyper sal in beheer van die wedstryd wees.
  • In gister se Cravenweek-aksie het die Blou Bulle vir die WP XV-tal met twee punte geklop.

Blou Bulle 36 – 34 WP XV-tal

Grens 36 – 36 Goue Leeus

Griffons 50 – 22 Blou Bulle XV-tal

Oostelike Provinsie 43 – 12 Griekwas

Limpopo Blou Bulle 46 – 24 Leeus XV-tal

Netbal:

  • Die Proteas het gister in Cardiff vir Wallis behoorlik ore aangesit en die wedstryd 84 – 32 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

@kolla ·

Ek onthou gister se neerhalende opmerking oor die BULLE – wat sê die suidebriesies nou?

Rinkhals ·

Nou doodstil. Ontwikkelingspan toe nie so probleem vir die noord transvaal span.

Vintcent ·

Dankie…hopelike trakteer hul Suid-Afrikaners wat ook ander sport waardeer. Ons is moeg van arrogante rugby- en krieketspelers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.