Vandag se sportnuus

Toetskrieket

Dis dag vier van die derde toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Hamilton en die Proteas is met die rug teen die muur. SA het 314 in sy eerste beurt aangeteken.

Kane Williamson het 176 bygedra en Nieu-Seeland antwoord met 489 in sy eerste beurt. ʼn Voorsprong van 165 op die eerste beurt. Die Proteas het vroeg in sy tweede beurt die paaltjies van Dean Elgar en Theunis de Bruyn verloor. Teen 8:30 was SA op 80/5.

In die vierde toets tussen Indië en Australië staan sake so ná dag drie:

Australië        300 en 137

Indië            332 en 19/0

Indië kort net 87 lopies met 10 tweedebeurt-paaltjies staande om die wedstryd en die reeks te verower.

Momentum-eendagreeks

En op die plaaslike front is die tweede en derde plek se uitspeelwedstryd in die Momentum-eendagreeks gister in Bloemfontein gespeel. Warriors klop die Knights met 18 lopies en sal Vrydag teen die Titans in die eindstryd speel.

Gholf

Ná die Wêreld-gholfkampioenskap se Putjiespeltoernooi in Texas lyk die jongste wêreldranglys so:

Motorwedrenne

Ná die Australiese Formule 1 GP lyk die punteleer so:

Moto GP-punteleer

 

Tennis

By die Miami Ope het Roger Federer die vierde ronde gehaal deur met 6-3 en 6-4 oor Argentinië se Juan Martin del Potro te seëvier.

Rugby

Die Sharks se Beast Mtawarira, skrumskakel Cobus Reinach en die veelsydige Curwin Bosch is ingesluit in die Springbok-oefengroep vir die tweede oefenkamp van 2 tot 4 April in Stellenbosch.

Superrugby

Op die jongste punteleer in die Suid-Afrikaanse groep staan sake so:

Varsityrugby

In gisteraand se laaste rondomtaliewedstryde het die spanne so gevaar:

Sokker

Bafana Bafana speel vanaand in ʼn vriendskaplike wedstryd teen Angola. Verskeie spelers sit met beserings en sal dalk nie vanaand in Oos-Londen in aksie wees nie.

Bafana het Saterdag vir Guinee-Bissau in Durban met 3-1 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jack Russl ·

Onder die opskrif van T20-krieket word daar inligting gegee oor die Momentum-eendagreeks. Dis twee verskillende formate van krieket

Janie Monsieur ·

Dagsê Jack Russel,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig en dankie dat jy ons daarop gewys het! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.