Vandag se sportnuus

Tatjana Schoenmaker. Foto: Reg Caldecott.

Swem:

  • Tatjana Schoenmaker het die Suid-Afrikaanse én Afrikarekord in die 100 m-borsslag verbeter toe sy dié item in ’n tyd van 1:06.32 gewen het. Sy is tans in aksie by die Wêreld Studentespele in Italië.

Krieket:

  • Daar sal darem één Suid-Afrikaner in die halfeindstryd van die Wêreldbeker te siene wees. Marais Erasmus sal saam met Sri Lanka se Kumar Dharmasena die skeidsregters in die uitspeelkragmeting tussen Australië en Engeland wees.

Die wedstryd vind Donderdag op Edgbaston plaas.

  • Intussen het Suid-Afrika se o.19-krieketspan ook harde bene in die eendagreeks teen sy Pakistanse eweknie gekou. Die jong Proteas het die laaste wedstryd met sewe paaltjies verloor en sodoende die reeks met 7-0.

Tennis:

  • Amerika se Tennys Sandgren is deur na Wimbledon se volgende ronde toe hy Italië se Fabio Fognini met 6-3, 7-6 en 6-3 getroef het.

Sandgren se ma is ’n Suid-Afrikaner en het in Middelburg, Mpumalanga, skoolgegaan.

  • Dan is Roger Federer, Serena Williams en Rafael Nadal almal deur na die volgende ronde.

Rafael Nadal klop Jo-Wilfried Tsonga met 6-2, 6-3 en 6-2.

Tennys Sandgren klop Fabio Fognini met 6-3, 7-6 en 6-3.

Kei Nishikori klop Steve Johnson met 6-4, 6-3 en 6-2.

Johanna Konta klop Sloane Stephens met 3-6, 6-4 en 6-1.

Serena Willams klop Julia Gorges met 6-3 en 6-4.

Ashleigh Barty klop Harriet Dart met 6-1 en 6-1.

Sokker:

  • Bafana Bafana het vir Egipte met 1-0 in ’n Afcon-kragmeting geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kiepie ·

Bafana Bafana verdien darem sekerlik meer as ‘n onderskriffie as nagedagtenis. Veral aangesien hulle soos kampioene gespeel het en die enigste span was wat SA se naam hoog gehou het. Wel gedaan manne!

Buffel ·

Kiepie dis omtrent tyd dat die bafana banana iets regkry na baie jare se probeer na 1996.

B ·

Mariske Strauss van SA behaal 13de plek in die elite vroue wedren by die Olimpiese UCI Werelbeker bergfiets byeenkoms in Andorra gister.

Voorwaar ‘n uitnemende prestasie, baie geluk!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.