Vandag se sportnuus

Raven Klaasen. Foto: ANA.

Tennis:

  • Die enigste tennisspeler wat nog die Suid-Afrikaanse vlag by Wimbledon swaai, Raven Klaasen, is deur na die kwarteindstryd van die dubbelspeltoernooi.

Die 36-jarige Klaasen het saam met Nieu-Seeland se Michael Venus vir Federik Nielsen en Robin Haase met 6-2, 6-3 en 7-6 geklop.

  • Dan is Rafael Nadal, Roger Federer en Novak Djokovic almal deur na die kwarteindstryd-rondes.
  • Die 37-jarige Federer is die oudste speler sedert Jimmy Connors (wat in 1991 vir die kwarteindstryd van die Amerikaanse Ope gekwalifiseer het) om na die laaste 16 van ’n majors-toernooi deur te dring. Hy het vir Italië se Matteo Berrettini gemaklik met 6-1, 6-2 en 6-2 getroef.
  • Kei Nishikori 6-3, 3-6, 6-3 en 6-4 teen Mikhail Kukushkin
  • Novak Djokovic 6-3, 6-2 en 6-3 teen Ugo Humbert
  • Alison Riske 3-6, 6-2 en 6-2 teen Ashleigh Barty
  • Serena Williams 6-2 en 6-2 teen Carla Suzarez Navarro
  • Simona Halep 6-3 en 6-3 teen Coco Gauff.

Rugby:

  • Burger Odendaal sal die Blou Bulle se kapteinleisels vasvat in hul Curriebekerseisoen. Die Pretorianers speel Saterdag in hul openingswedstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland. Ruan Steenkamp is as die onderkaptein aangewys.
  • Lood de Jager behoort in dieselfde wedstryd sy terugkeer te maak nadat hy vroeg in die Superrugby-reeks sy skouer beseer het. Hy sal na die Wêreldbeker vir Sale Sharks in Engeland speel.

Swem:

  • Tatanja Schoenmaker en Tayla Lovemore het hul tweede goue medaljes by die Wêreld‑universiteitskampioenskap losgeswem.

Schoenmaker was eerste in die 200 m-borsslag, terwyl Lovemore die 100 m-vlinderslag gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

B ·

Hi Johann
Kan jy asb ook jou oog hou op die Vroue Netbal Wereldbeker wat 12 Julie begin? Ek dink die SA span het ‘n uitstekende kans hier. (Afrigter is fantasties)
Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.