Vandag se sportnuus

Bafana Bafana speel vanaand in die kwarteindstryd van die Afcon-beker teen Nigerië. Foto: Facebook.

Sokker:

  • Daar hang ’n finansiële wortel voor Bafana Bafana se neuse wanneer hulle vir Nigerië in die kwarteindstryd van die Afcon-beker aanvat.

Indien Stuart Baxter se span dié kragmeting wen, sal elke speler ’n bonustjek van R670 000 in sy sak steek. As hulle die eindstryd wen, spring die bonussyfer na R920 000.

Bafana Bafana het vir die kwarteindstryd gekwalifiseer toe hulle vir Egipte (die gasheerland) 1 – 0 geklop het.

Die wedstryd word vanaand om 21:00 gespeel.

Rugby:

  • Die Haaie het ’n sterk span vir hul openingswedstryd in vanjaar se Curriebeker aangewys. Die voormalige Springbok‑agterspeler, JP Pietersen, sal op buitesenter langs een van die Durbaniete kapteins, Jeremy Ward, begin.

Sharks: Aphelele Fassi (heelagter), Kobus van Wyk (regtervleuel), JP Pietersen (buitesenter), Jeremy Ward (binnesenter), Lwazi Mvovo (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Cameron Wright (skrumskakel), Tera Mtembu (agtsteman), Jacques Vermeulen (flank), Luke Stringer (flank), Hyron Andrews (slot), Ruben van Heerden (slot), Coenie Oosthuizen (stut), Kerron van Vuuren (haker), Juan Schoeman (stut). Plaasvervangers: Craig Burden, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Gideon Koegelenberg, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Marius Louw, Rhyno Smith.

Krieket:

  • Nieu-Seeland en Indië sal vandag hul halfeindstryd voortsit, nadat spel gister deur reën onderbreek is. Die Kiwi’s het 211/5 in 46.5 boulbeurte aangeteken. Indien die kragmeting heeltemal uitreën, sal Indië vir die eindstryd kwalifiseer omdat hulle hoër op die punteleer geëindig het.
  • Australië en Engeland speel môre in die ander halfeindstryd op Edgbaston.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

Een kommentaar

Nicola ·

Dit is tans Wimbledon en die vroue kwartfinale is gister gespeel. Waar is die tennis nuus?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.