Vandag se sportnuus

Rafael Nadal (Foto: Wimbledon, Twitter)

Tennis:

  • Suid-Afrikaanse tennisliefhebbers kan solank ’n voorsmakie van die Rafael Nadal/Roger Federer-tweestryd in die Kaap sien wanneer dié twee tennis-supersterre mekaar môre in die Wimbledon-halfeindstryd pak.
  • Federer het vir Kei Nishikori met 4-6, 6-1, 6-4 en 6-4 geklop, terwyl Nadal met Sam Query met 7-5, 6-2 en 6-3 klaargespeel het om sy plek in die halfeindstryd te bespreek.
  • In die ander halfeindstryd sal Novak Djokovic en Roberto Bautista Agut mekaar die stryd aansê.
  • Djokovic het maklik met David Goffin (6-4, 6-0 en 6-2) afgereken, terwyl Bautista Agut vir Guido Pella met 7-5, 6-4, 3-6 en 6-3 geklop het.
  • Intussen het Suid-Afrika se voorste dubbelspeler, Raven Klaasen, saam met Michael Venus vir die halfeindstryd van die toernooi gekwalifiseer. Die duo het vir Henri Kontinen en John Peers met 4-6, 6-3, 6-7, 6-4 en 6-3 in die kwarteindstryd geklop.
  • In vandag se vroue-halfeindstryde speel Elina Svitolina teen Simona Halep, terwyl Serena Williams vir Barbora Strycova aanvat.

Sokker:

  • Bafana Bafana het met 2-1 teen Nigerië in hul Afcon-uitspeelstryd verloor. Nigerië se William Troost-Ekong het die wendoel laat in die kragmeting aangeteken.

Krieket:

  • Nieu-Seeland het vir sy tweede agtereenvolgende Wêreldbeker-halfeindstryd gekwalifiseer toe hy vir Indië met 18 lopies op Old Trafford geklop het.
  • Matt Henry (3/37) en Trent Boult (2/42) was die groot uitblinkers met die bal. Indië se Ravindra Jadaje en MS Dhoni het egter die kastaiings uit die vuur probeer krap met ’n briljante vennootskap van 116 lopies om die sewende paaltjie.
  • Martin Guptill se briljante veldwerk het die wedstryd egter finaal in die Kiwi’s se guns geswaai.
  • Australië en Engeland speel vandag in die ander halfeindstryd op Edgbaston in Birmingham.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.