Vandag se sportnuus

Rassie Erasmus. (Foto: Twitter @Springboks)

Rugby:

  • Springbok-breier Rassie Erasmus sal vanmiddag om 15:15 sy span vir die openingstoets van die Rugbykampioenskap teen Australië aankondig.
  • Erasmus sal ’n “A- en ’n B-span” kies vir die Springbokke se eerste twee toetse in die reeks. Die B-span sal Saterdag om 17:05 teen die Australiërs op Emirates Airline Park uitdraf, terwyl die sogenaamde A-span dan in Wellington teen die All Blacks sal speel.
  • Intussen sal die voormalige Lions-slot, Andries Ferreira, sy debuut vir die Blou Bulle maak wanneer hulle Vrydag teen die Cheetahs speel. Die wedstryd skop om 19:15 af.

Blou Bulle: Divan Rossouw (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitesenter), Burger Odendaal (kaptein en binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Manie Libbok (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Tim Agaba (agtsteman), Roelof Smit (flank), Ruan Steenkamp (flank), Andries Ferreira (slot), Ruan Nortjé (slot), Wiehahn Herbst (stut), Jaco Visagie (haker), Simphiwe Matanzima (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Dayan van der Westhuizen, Conraad van Vuuren, Jean Drosté, Marco van Staden, Marnitz Boshoff, Dylan Sage.

Krieket:

  • Die man wat die Superboulbeurt in die eindstryd vir Engeland teen Nieu-Seeland geboul het, Jofra Archer, is die bouler wat die meeste balle gedurende die pas voltooide Wêreldbekerreeks afgestuur het waarvan kolwers nie lopies kon aanteken nie.
  • Archer het 371 leë aflewerings geboul, gevolg deur Nieu-Seeland se Trent Bolt (351) en Australië se Pat Cummins (323).

Gholf:

  • Die Britse Ope begin môre en daar is 11 Suid-Afrikaners in aksie. Van die ander groot name slaan om 14:26 (Jordan Spieth), 15:37 (Lee Westwood) en 16:10 (Tiger Woods) af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

EKKE ·

Die wedstryd tussen die Springbokke en die Wallabies behoort baie goed te wees. Altwee spanne is ewe pateties. Dan praat Rassie van ‘n A en B span. Ons kan nie eers een ordentlike span saamstel nie. Ry eerder fiets as om my oor die gemors te bekommer.

Willie ·

Ja nee waragtig, ons kannie eers n behoorlikke span saam span nie..wat nog A en B, ek dink dis n C…. Belaglik…

Swartwolf ·

As ou Rassie enigsins ‘n sirkus by die WB et die bokke will verysiiggmoet hy daai kwota nar van ‘n kaptein vervang

Poot ·

Aitog Rassie….. A&B span. Ons is mos al lankal verby daai era. Sit n span bymekaar en begin “gel” vir die WB.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.