Vandag se sportnuus

Siya Kolisi. Foto: Phando/Jikelo/African News Agency(ANA)

Rugby:

  • Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, sal weer vir ’n ruk saam met sy WP-spanmaats oefen. Volgens die Streeptruie se assistent-afrigter, Dawie Snyman, sal Kolisi waarskynlik vir twee weke saam met die span oefen en dan speelkans kry. Die WP speel Saterdag om 17:15 teen die Leeus.
  • Intussen het die Springbokke ’n amperse ranglyssprong op die Wêreld-ranglys gemaak ná hulle goeie sege van 35–17 teen die Wallabies die afgelope Saterdag. Rassie Erasmus se span is nou net ’n punt agter die Engelse.

Hoe die ranglys lyk:

  1. Nieu-Seeland (92,54)
  2. Wallis (89,96)
  3. Ierland (88,69)
  4. Engeland (86,27)
  5. Suid-Afrika (85,30)
  6. Australië (81,68)
  7. Skotland (80,17)
  8. Frankryk (79,42)
  9. Fidji (77,95)
  10. Argentinië (77,05)

Netbal:

  • Suid-Afrika se speler van die toernooi by die pasvoltooide Wêreldbeker-netbaltoernooi, Karla Pretorius, is weer hard op pad terug na Australië waar sy die Sunshine Coast Lightning in hul oorblywende kragmetings sal verteenwoordig.

Swem:

  • Die Tukkies-swemmer, Tatjana Schoenmaker, het vir die eindstryd van die 100 m-borsslag by die Wêreld-langbadkampioenskap in Suid-Korea gekwalifiseer. Sy was tweede in die halfeindstryd met haar tyd van 1:05,56 min.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Lloyd Harris is nou 82ste in die wêreld gekeur nadat hy vroeër vanjaar vir die eerste keer onder die Top-100-spelers getel het. Kevin Anderson is tans die 11de beste speler ter wêreld.

Krieket:

  • Die veglustige Jason Roy sal hoop om sy kleim vir die Reeks om die As af te steek, wanneer hy later vandeesweek sy toetsbuiging vir Engeland teen Ierland op Lord’s maak. Roy was een van die beste kolwers gedurende die Wêreldbeker-kriekettoernooi en het 443 lopies as openingskolwer geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swartwolf ·

Goed om te hoor van Kolisi. Hou hom so lank as moontlik weg van ‘n springbok trui af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.