Vandag se sportnuus

Geraint Thomas. Foto: Facebook.

Fietsry:

  • Australië se Caleb Ewan het gister die 16de skof van die Tour de France gewen. Hy het die 177 km in ’n tyd van 3:57,08 h voltooi.
  • Dit was egter ’n moeiliker dag vir die verdedigende kampioen, Geraint Thomas, wat vir die derde keer vanjaar geval het.
  • Hy het egter gou weer op sy ysterperd gespring en is tans 1.35 min agter die algehele voorloper, Frankryk se Julian Alaphilippe.

Algehele puntestand ná 16 skofte:

  1. Julian Alaphilippe (Frankryk) Deceuninck – Quick-Step 64:57:30
  2. Geraint Thomas (Groot Brittanje) Team INEOS +1:35
  3. Steven Kruijswijk (Nederland) Team Jumbo – Visma +1:47
  4. Thibaut Pinot (Frankryk) Groupama – FDJ +1:50

Swem:

  • Suid-Afrika se Tatjana Schoenmaker het gister sesde in die 100 m-borsslagitem by die Wêreld‑langbadkampioenskap in Suid-Korea klaargemaak. Sy het haar resies in ’n tyd van 1:06,60 min klaargeswem.
  • Intussen het Chad le Clos vir die finaal van die 200 m-vlinderslag gekwalifiseer.

Krieket:

  • Die voormalige Protea-kolwer, Imraan Khan, is die nuwe breier van die Dolphins. Hy vervang die oudpaaltjiewagter, Grant Morgan.

Rugby:

  • Die internasionale lugredery, Emirates, het aangedui dat hulle die Lions-franchise tot en met 2024 sal borg. Hulle borg reeds die Suid-Afrikaanse Superrugby-span sedert 2015.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.