Vandag se sportnuus

Die podiumplekwenners van die Tour de France. (Stephane Mantey, Pool Photo via AP)

 

Fietsry:

  • Colombië se Egan Bernal is die eerste ryer van sy land om die Tour de France te wen. Die 22-jarige is ook die jongste ryer in meer as ’n eeu om eerste op die wenpodium te staan.
  • Die verdedigende kampioen, Brittanje se Geraint Thomas, was 1:11 min stadiger as Bernal.

Top‑10:

  1. Egan Bernal (Colombië/Ineos) 82:57:00
    2. Geraint Thomas (Groot Brittanje) 1:11 min ná wenner
    3. Steven Kruijswijk (Nederland) +1:31 min
    4. Emanuel Buchmann (Duitsland) +1:56 min
    5. Julian Alaphilippe (Frankryk) +4:05 min
    6. Mikel Landa (Spanje) +4:23 min
    7. Rigoberto Uran (Colombië) +5:15 min
    8. Nairo Quintana (Colombië) +5:30 min
    9. Alejandro Valverde (Spanje) +6:12 min
    10. Warren Barguil (Frankryk) +7:32 min

Krieket:

  • Die voormalige Protea-snelbouler, Charl Langeveldt, is as Bangladesj se nuwe boulafrigter aangewys. Hy is in die plek van Wes-Indië se Courtney Walsh aangestel. Langeveldt was veral ’n suksesvolle eendagbouler en het in 2005 ’n driekuns in die laaste boulbeurt behaal om die wedstryd vir die Proteas teen die Windies te beklink.
  • Die eerste toets om die As begin op 1 Augustus wanneer Engeland vir Australië op Birmingham pak. Die tuisspan is verlede week vir 85 op Lord’s deur Ierland uitgehaal, maar het die wedstryd uiteindelik gemaklik gewen toe hulle die Iere vir ’n skamele 38 uitgeknikker het.

Rugby:

  • Drie Curriebeker-wedstryde is die naweek gespeel. Die Cheetahs het die Griekwas verrinneweer en 10 drieë in Bloemfontein gedruk om 68 – 14 te wen. Dan het die Leeus weer eens ’n wedstryd in die doodsnikke beklink toe hulle die WP 30 – 28 op Nuweland getroef het. Die Blou Bulle het Vrydagaand die Pumas op Nelspruit met 25 – 17 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.