Vandag se sportnuus

Steve Smith vier sy honderdtal. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • ’n Emosionele Steve Smith het gister op Edgbaston sy 24ste honderdtal vir Australië in toetskrieket aangeteken. Dit was die gewese Aussie-kaptein se eerste toets nadat hy ʼn jaar lank uit internasionale krieket geskors is weens verlede jaar se balpeuter-skandaal op Nuweland teen die Proteas.
  • Sy honderdtal (144) het die besoekers in staat gestel om 284 in hul eerste beurt aan te teken nadat Engeland se Stuart Broad en Chris Woakes aanvanklik amok onder die besoekers se kolwers gemaak het.
  • David Warner, wat saam met Smith en Cameron Bancroft vir die skandaal geskors is, kon net twee lopies aanteken voor hy deur Broad been voor paaltjie betrap is. Die Engelse ondersteuners het hom uitgejou, terwyl hulle stukkies skuurpapier in die lug geswaai het.

Gholf:

  • Suid-Afrika se Ashleigh Buhai is die voorloper ná die eerste ronde van die Britse Ope se vroue-gholftoernooi. Sy het ’n ronde van 65 (sewe onder die baansyfer) gespeel.

Rugby:

  • Die oud-Springbok, Ruan Pienaar, is inderdaad op die Cheetahs se plaasvervangersbank ingesluit vir hul Curriebeker-wedstryd vanaand teen die Leeus op Bloemfontein. Die 35-jarige Pienaar het ’n kontrak van twee jaar met die Vrystaters geteken nadat hy die afgelope paar seisoene onder andere sy rugby in Ierland en Frankryk gespeel het.
  • Die wedstryd begin om 19:15.

Sokker:

  • Arsenal het die duurste kopie in hul klubgeskiedenis gedoen toe hulle die Franse vleuel Nicolas Pepe van Lille gekoop het. Die kopie het die Engelsmanne R1,275 miljard uit die sak gejaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanL ·

Kyk ek hou ook niks van Steve Smith nie, maar ek bewonder sy veggees en ruggraat om teen alles en almal ‘n honderdtal te slaan.

Ek wonder net wanneer gaan die Engelse ophou met hul uitjouery? Smith het sy straf gekry en uitgedien. Maar die Engelse vergeet gerieflikheidshalwe dat Atherton in 1994 ook in ‘n balpeutery storie uitgewys was. Of dit nou net sand in sy sak was (Atherton) of skuurpapier, die feit is dat die Engelse doelbewus skelm was om die toestand van die bal te verander. Die beginsel is dieselfde, die manier waarop dit gedoen was het net verskil.

Joe ·

@Johan, en Krieket Suid Afrika maak ons verneukers kaptein! Skipper Faf.

Ignatius ·

Krieket het Hansie doodgemaak . Ek trust krieket gladnie en ek is seker daar is baie ander spelers wat nogsteeds kroek. Kyk wat het met Hansie se straf gebeur, haal die kroekers of die game uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.