Vandag se sportnuus

Faf du Plessis en Ottis Gibson. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • Die Proteas is in die mark vir ’n nuwe afrigter. Dít nadat Ottis Gibson se kontrak, wat in September verstryk, nie hernieu is nie.
  • Die nasionale krieketkas word behoorlik herrangskik met Faf du Plessis wat ook nie seker is van sy toekoms as kaptein nie. In ’n verklaring wat deur Krieket Suid-Afrika uitgereik is, staan daar dat ’n tydelike kaptein vir die Indië-toer aangewys sal word.
  • Du Plessis is Saterdag as Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar aangewys.
  • Daar sal ook ’n bestuurder – amper soos in Europese sokker – gekontrakteer word wat verantwoordelik is vir die span, afrigterspersoneel en kapteins. Hy sal dan verantwoording aan die direkteur van krieket doen.
  • Saam met Gibson het Linda Zondi (keurderbaas), Malibongwe Maketa (assistent-afrigter), Claude Henderson (draaier-afrigter), Justin Ontong (veldwerk-afrigter) en Dale Benkenstein (kolfwerk-afrigter) se poste ook in die slag gebly.
  • Corrie van Zyl is die tydelike direkteur van krieket.
  • Intussen staan Australië sterk in die eerste toets in die reeks om die As op Edgbaston. Steve Smith se twee honderdtalle in die toets het gesorg dat Engeland 398 lopies benodig om die toets te beklink.

Gholf:

  • Suid-Afrika se Ashleigh Buhai het R2,5 miljoen in die sak gesteek nadat sy vyfde by die Britse Ope geëindig het. Sy het op ’n telling van -14 geëindig.

Rugby:

  • Die Springbokke kan die Rugbykampioenskap die naweek in Salta wen indien hulle vir Argentinië op hul tuisveld klop. Die Bokke kon laas in 2009 die Drienasies-reeks wen.
  • Intussen is die Griekwas ( 15 punte), die Goue Leeus (13 punte) en die Cheetahs (11 punte) boaan die Curriebeker se punteleer. Die Blou Bulle (vyf punte) is in die laaste plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

PeetVos ·

Mens kan seker met reg vra waarom Gibson in die eerste plek as Afrigter aangestel is? So is daar vrae oor van sy sg. hulpafrigters?
Is dit te veel gevra dat die President van KSA volle verantwoordelikheid vir die spul aanvaar en in sy eie swaard val?

koos ·

Peet. In Afrika, nie sommer nie. Baxter bedank dadelik toe sy span swak doen, maar hoe moes ons al met plaaslike afrigters opgeskeep sit! Nie eers ‘n prestasie klousule kan hulle uit hul poste dwing nie.

Joke! ·

Ek stem ..Ek lees so die name van al die afrigters en help afrigters en ek verstaan skieklik hoekom Suid Afrika se krieket een van daai agtergeblewenes geword het… Nie een van daai lot is daar op meriete nie en dit het erg gereflekteer wat hul nou eintlik weet van krieket met die vernerende afslagting van die verlepte proteas…

Nico ·

Ook Flaffie Du Plessis moes saam met Ottis die trekpas gekry het sowel as Amla en Steyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.