Vandag se sportnuus

Dale Steyn.  Foto: AP Photo/Halden Krog

Krieket:

  • Waarskynlik die beste toetsbouler wat Suid-Afrika nóg gehad het, Dale Steyn, het gister sy uittrede uit rooibalkrieket aangekondig.
  • Die 36-jarige Phalaborwa Sneltrein het 439 paaltjies in 93 toetse laat kantel teen ’n gemiddeld van 22.95. Hy het van die beste treftempo’s in wêreldkrieket gehad en neem ’n paaltjie elke 42.3 aflewerings wat hy afstuur.
  • Hy was vir 263 weke (2008 tot 2014) die wêreld se voorste toetsbouler.
  • Sy uittrede uit toetskrieket is ’n poging om sy loopbaan te verleng. “Dit is ongelooflik erg om nooit weer ’n toets te speel nie, maar dit is selfs erger om dalk nooit weer krieket te speel nie,” het Steyn gesê.
  • Intussen is die voormalige Engelse krieketbreier, Peter Moores, na bewering een van die kandidate om Ottis Gibson se skoene vol te staan. Gibson se kontrak is nie deur Krieket Suid-Afrika hernieu nie en daar sal nou ’n bestuurder – amper soos in oorsese sokker – aangestel word.
  • Australië het die eerste toets in die reeks om die As met 251 lopies op Edgbaston beklink. Steve Smith het sy terugkeer tot internasionale krieket met twee honderdtalle (144 en 142) gevier, terwyl Nathan Lyon (6/44) en Pat Cummins (4/32) daarna die Engelse kolwers in hul tweede beurt laat bontstaan.

Rugby:

  • Die Blou Bulle het die dienste van Simphiwe Matanzima (stut) weens ’n kniebesering verloor. Die Pretorianers is tans heel laaste op die Curriebeker se punteleer.
  • Die naweek se wedstryde:
  • Vrydag: WP teen Pumas om 15:00
  • Saterdag: Haaie teen Cheetahs om 15:00
  • Saterdag: Leeus teen Blou Bulle om 17:15

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Oupa Dale moet uit ALLE krieket tree. Hy gaan nog altyd diecswak skakel wees. Hy is uiters selfsugtig. Vat net vir oupa Amla saam.

Joe ·

Uiteindelik klou Steyn nie meer vas nie, tree uit alle internasionale krieket uit, kon nie eens deur die IPL fiks bly nie, jou tyds verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.