Vandag se sportnuus

Suid-Afrika se Faf du Plessis. (Foto: Krieket SA via ANA)

Krieket:

  • Faf du Plessis sal die Proteas in hul toetsreeks teen Indië aanvoer, maar hy sal nie die kaptein in alle formate wees nie. Só sê Suid-Afrika se tydelike direkteur van krieket, Corrie van Zyl.
  • “Ons moet na die toekoms kyk en aan ons strategie vir 2023 se Wêreldbeker-kriekettoernooi dink,” het Van Zyl gesê.
  • Du Plessis is Saterdag as Krieket Suid-Afrika se speler van die jaar aangewys, maar die teleurstellende Wêreldbeker-toernooi het vir ’n klad op sy naam gesorg.
  • Intussen sal die Titans – met Mark Boucher aan die stuur van sake – ’n toer na die Seychelle-eilande onderneem ter voorbereiding vir die komende seisoen.
  • Die toergroep is: Matthew Arnold, Farhaan Behardien, Neil Brand, Corbin Bosch, Henry Davids, Ruan de Swardt, Tony de Zorzi, Dayyaan Galiem, Gregory Mahlokwana, Tshepo Moreki, Alfred Mothoa, Lungi Ngidi, Marcello Piedt, Kabelo Sekhukhune, Tabraiz Shamsi, Kyle Simmonds, Grant Thomson.

Rugby:

  • Siya Kolisi sal Vrydag vir die Westelike Provinsie uitdraf in hul Curriebeker-wedstryd teen die Pumas op Nuweland.
  • Hy sal wel nie die span aanvoer nie.
  • Rassie Erasmus behoort vanmiddag sy Springbokspan bekend te maak wat Saterdag teen Argentinië in Salta speel.
  • Afskoptyd is om 21:40 SA tyd.

Atletiek:

  • Begin maar solank oefen – dit is nog net 311 dae voor die volgende Comrades-marathon wegspring!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

J ·

Jy moet weet hoe pateties die Proteas was as Faf die “beste” was. Enige iets om egos te herstel ne.

LOSKOP ·

Ag asb tog nie weer mnr askies as kaptein nie , daar is tog sekerlik beter candidate as hy

m.d.r. ·

Wat enige SA krieket liefhebber nou baie bekommerd moet laat voel, is dat SA krieket nou volgens hulle eie verklaring net een hoof sal he, wat gladnie aan enige raad verantwoordelik sal wees nie. M.a.w. hier is ‘n diktatorskap aan die broei.
Corrie van Zyl se pos is blykbaar ook maar “tydelik”–dit laat mens wonder wie gaan die kundigheid verskaf ?
Gelukkig steun ek geen span waar kwotas enigsins ‘n rol speel nie, so ek kyk maar net alles van agter die paaltjies af.
Ek steun, net soos op rugby gebied die All Blacks.- met die ovaal bal of die rooi/wit bal…!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.