Vandag se sportnuus

Beast Mtawarira. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Die Springbokke sal Saterdag die Argentyne met ’n splinternuwe voorry in Tendai Mtawarira, Bongi Mbonambi en Trevor Nyakane aanvat. Dié driemanskap vervang onderskeidelik vir Steven Kitshoff, Malcolm Marx en Frans Malherbe.
  • Die res van die beginspan is onveranderd van die een wat twee weke gelede gelykop teen Nieu-Seeland in Wellington gespeel het.
  • Argentinië het sy vuurvreter-voorspeler, Augstin Creevy, op haker gekies.
  • Indien die Bokke wen, sal hulle as die wenners van die Rugbykampioenskap gekroon word.
  • Die wedstryd begin Saterdagaand om 21:40 (SA tyd).
  • Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Cheslin Kolbe (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (kaptein en agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Kwagga Smith (flank), Franco Mostert (slot), Eben Etzebeth (slot), Trevor Nyakane (stut), Bongi Mbonambi (haker), Tendai Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, RG Snyman, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn, Jesse Kriel.
  • Argentinië: Emiliano Boffelli (heelagter), Santiago Cordero (regtervleuel), Matias Moroni (buitesenter), Jeronimo de la Fuente (binnesenter), Ramiro Moyano (linkervleuel), Nicolas Sanchez (losskakel), Tomas Cubelli (skrumskakel), Faundo Isa (agtsteman), Javier Ortega Desio (flank), Pablo Matera (flank en kaptein), Marcos Kremer (slot), Matias Alemanno (slot), Juan Figallo (stut), Agustin Creevy (haker) en Nahuel Tetaz (stut). Plaasvervangers: Julian Montoya, Mayco Vivas, Santiago Medrano, Guido Petti, Tomas Lezana, Gonzalo Bertranou, Benjamin Urdapilleta, Joaquin Tuculet.
  • Siya Kolisi is in die Westelike Provinsie se beginspan vir die Curriebeker-wedstryd môre teen die Pumas op Nuweland.
  • WP: Dillyn Leyds (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Dan Kriel (binnesenter), Seabelo Senatla (linkervleuel), Josh Stander (losskakel), Justin Phillips (skrumskakel), Sikhumbuzo Notshe (agtsteman), Ernst van Rhyn (flank),  Siya Kolisi (flank), JD Schickerling (slot), Chris van Zyl (slot en kaptein), Wilco Louw (stut), Scarra Ntubeni (haker), Corne Fourie (sut). Plaasvervangers: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Neethling Fouche, Salmaan Moerat,  Nama Xaba, Godlen Masimla, Jean-Luc du Plessis, Edwill van der Merwe.

Sokker:

  • België se kaptein, Eden Hazard, het sy eerste doel vir Real Madrid aangeteken in die Spanjaarde se oorwinning van 1-0 teen Salzburg.
  • Hazard het etlike miljoen pond van Chelsea afgerokkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nico K ·

Ek het geen probleem met de Allende nie. Hy is ‘n sterk hardloper vir binne senter en asseblief tog net nie Esterhuize nie. Hy kan net teen ouens vas hardloop. Ek raai daar sal ook klagtes teen Mbonambi wees, maar aangesien Argentinië nie so sterk skrum het nie, kan Rassie daar mee wegkom om vir Marx te laat rus en die meer beweeglike haker te kies.

Jiembo ·

Nico, ek stem in n mate saam. De Allende seker nie die swakker opsie nie, hoewel hy ook maar te veel na my sin in verdedigers in storm en sy balverspreiding is nie watwonders nie. Ek sou daarvan gehou het dat Frans Steyn vir die wedstryd op binnesenter begin, met De Allende op die bank.

Antoon ·

Praat nie eers oor Esterhuizen nie.
Geen probleem met Mbonambi nie. Sy lynstaan ingooie is beter as Marx.
Sien uit na Saterdag!

kolla ·

Stem. Een van daai ouens wat oormatige en onregverdige kritiek kry na my mening. Beste wat ons in hierdie stadium het en baie beter as Esterhuizen.

Apools ·

Die ellende moes lankal net vir die stompies speel. Hou hom weg van ‘n groen trui af. Frans Steyn sal ‘n beter job doen.

kolla ·

Daar was gate in die verdediging toe Steyn en Kriel die senterpaar teen die AB’s vervang het. Steyn bied niks meer as De Allende op die aanval nie. Ook ‘n stormram maar nog stadiger en meer oneffektief as De Allende.

Niklaas ·

Ek hoop daar is met Mapimpi gepraat oor sy spel , veral sy posisie. Hy is nie ‘n senter nie en hy moet dit asb onthou , anders gaan daar maklike drieë deur Argentinië se regtervleuel gedruk word , weens die groot gaping gelaat deur Mapimpi as hy weer binne toe wil speel.

EKKE ·

Dis nog net ELENDIG wat gepos moet word. Dink ook dat Frans Steyn ‘n beter opsie sou wees. Ten minste kan Frans Steyn ook pale toe skop as dit nodig sou wees. Elendig glo ek weet glad nie eers hoe om ‘n bal te skop nie wat nog te sê van dit uit gee. Hoop ook nie futlose en patetiese Malherbe word in die tweede helfte opgestuur nie.

kolla ·

Coetzee moes ‘n kans gekry het. Lyk of Rassie reeds besluit het dat Coetzee nie gekies gaan word vir die wereldbeker nie. Dit kan ‘n fout wees.

Poot ·

Kolla….ek weet nie waar jy die gate gesien het toe Steyn opgekom het nie. Maar nou ja…… soos gewoonlik sorg jy vir die vermaak met jou kommentaar.

Smirre ·

As die kraantjie begin deurwerk sien ‘n man orals gaps…..

Swartwolf ·

Minder gate met Kwagga wat soveel duikslae uitvoer en volle 80 min speel asook Vermeulen se werkverrigting en leierskap. Hou die kwota kaptein in die water voorsienings department.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.