Vandag se sportnuus

Bokafrigter Rassie Erasmus. (Foto: Twitter)

Rugby:

  • Die rugbykenner en voormalige Springbokafrigter, Nick Mallett, het gesê Rassie Erasmus en sy afrigterspan het hul sukses in die Rugbykampioenskap dubbel en dwars verdien. Die Springbokke is die afgelope naweek as die wenners van die reeks aangewys, nadat hulle vir Argentinië in Salta ore aangesit het.
  • “Ek was self ’n afrigter en ek is deeglik bewus van die feit dat jy deur moeilike tye as afrigter gaan. Ek dink ons toer na die Noordelike Halfrond verlede jaar het vir ’n paar tawwe wedstryde gesorg; daarbenewens het Argentinië ons ook verlede jaar geklop. Jy het jou goeie en jou slegte tye, en Rassie verdien dié sukses sonder enige twyfel,” het Mallett gesê.
  • “Hy berei baie noukeurig vir elke kragmeting voor en sy spelers is beslis gelukkig met die wyse waarop hulle deur die afrigters bestuur word.”
  • Die Springbokke speel die naweek op Loftus Versfeld teen Argentinië.
  • Drie Curriebeker-wedstryde is die naweek gespeel en die Blou Bulle, WP en die Haaie was aan die wenkant.

Krieket:

  • Die Lions se Enoch Nkwe is as die tydelike direkteur van Suid-Afrika se krieketspan vir hul toer na Indië in September en Oktober aangestel.
  • Die 36-jarige Nkwe het vroeër saam met die Johannesburgers die Mzansi Superliga, sowel as die vierdagreeks en KSA T20-toernooi, gewen.
  • Tog is almal nie tevrede met sy aanwysing nie en die voormalige Protea‑kolwer, Herschelle Gibbs, het op Twitter gesê dat afrigters soos Mark Boucher en Ashwell Prince hulself ongelukkig kan ag, al is Nkwe se aanstelling net tydelik.
  • “Ek sien dat een goeie seisoen sorg dat jy die Protea-afrigter word – dit is so eenvoudig soos dit,” het Gibbs geskryf.
  • Die tweede toets in die reeks om die As begin Woensdag op Lord’s. Australië het die eerste toets oortuigend met 251 lopies gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Allan ·

As hy nie die oorsese spelers aangestel het nie, was die telling anders. Polard, wat die meeste punte aangeteken het, speel ie eers vir ‘nSuid Afrikanse span nie, hy speel in Frankryk. Maw dit is oëverblindery.

Peter ·

Allan En pollard het nog nie een keer oorsee gespeel nie ja hy is gekoop om daar tespeel maar toe kry hy seer so dit tel nie maak nie saak wat nie die bokke gaan almal verbaas………..

Allan ·

@Jacomaine. Gaan na Maroela sport en soek en lees “Meesterlike Pollar trek Poemas se tande” Middel van artikel – of lees ek verkeed (Montpellier is in Franktyk).

So ek verstaan speel ten minste 40% van die span vir oorsese spanne, wat beteken die res wat agterbly is nie goed genoeg vir die span nie, of is daar iets wat ek mis.

Peter ·

Allen maak nie saak wat nie hulle is in suid afrika gebore so welldone BOKKE trots op julle

Ou grote ·

Doen so voort bokke, was die rand nie so hopeloos swak nie, sou alle oorsee se bokke nog hier plaaslik gespeel het!

frik erasmus ·

@ allan, Pollard speel eers van volgende jaar af in Frankryk…ek verstaan inelkgeval nie jou bewaar en ongelukkigheid nie..wat pla?

Chesterfield ·

Ag Allan wat maak dit nou saak, Hou op om so n ou suur pruim te wees!!!

hercu ·

wel gedaan Rassie, Matt, Duane, spanbestuur en die hardwerkende manne in groen & goud op die veld :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.