Vandag se sportnuus

Die bal is aan die rol gesit om krieket deel van die Olimpiese Spele teen 2028 te maak. Foto: Facebook.

Krieket:

  • Daar is ’n moontlikheid dat krieket teen 2028 ’n Olimpiese sportsoort kan wees. Die Internasionale Krieketraad is besig met ’n veldtog om krieket deel van die wêreld se grootste sportskouspel te maak. Die Olimpiese Spele word dan in Los Angeles aangebied.
  • Suid-Afrika het reeds sukses by die Statebondspele gesmaak toe Shaun Pollock se span in 1998 die goue medalje gewen het.
  • Intussen spog Australië se Steve Smith met die beste toetskolfgemiddeld sedert Januarie 2016. Die Aussie-ster handhaaf ’n gemiddeld van 70.60 lopies per beurt. Indië se Virat Kohli is die tweede beste met sy gemiddeld van 65.80 in dié tydperk

Rugby:

  • Siya Kolisi is deel van Rassie Erasmus se planne vir die komende vriendskaplike toets teen Argentinië op Loftus Versfeld.
  • Die Bok-afrigter het gesê Kolisi se speeltyd sal bestuur word in ’n poging om hom 100% gereed vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi te kry. Hy sal waarskynlik nie die span Saterdag aanvoer nie.
  • Die toets begin Saterdag om 17:05 en word regstreeks op SuperSport1

Tennis:

  • Andy Murray se terugkeer tot kompeterende enkelspeltennis het nie heeltemal volgens plan verloop nie, toe hy in die eerste ronde van die Cincinnati Meesters teen Frankryk se Richard Gasquet vasgeval het.
  • Die eindtelling was 6-3 en 6-3 in die Fransman se guns.
  • Dit was Murray se eerste enkelspelkragmeting in sewe maande nadat hy ’n ernstige heupbesering opgedoen het.
  • Intussen sorg beserings dat Suid-Afrika se Kevin Anderson al verder punte op die wêreldranglys verloor. Die 33-jarige Anderson was voorheen die vyfde beste speler ter wêreld, maar is tans 14de op dié lys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.