Vandag se sportnuus

Krieket

Die Proteas is tans eerste, tweede en derde op die IKR se wêreldranglyste vir die verskillende formate van die spel. Op die Eendagranglys is SA eerste en op die T20-ranglys derde.

Op die Wêreldranglys vir toetsspelende lande is die Proteas nou tweede.

 

Intussen het SA se afrigter, Russell Domingo, gesê hy is onseker oor sy toekoms en hy weet nie of hy gaan aansoek doen om sy kontrak hernu te kry nie.

Momentum-eendagreeks

Die Momentum-eendagreeks se eindstryd word môre op Supersportpark in Centurion gespeel. Die Titans en Warriors sal sake uitspook in die wedstryd wat om 14:00 begin.

Tennis

By die Miami Ope lyk van die uitslae so:

Die tweede gekeurde Karolina Pliskova sal teen Caroline Wozniacki in die een halfeindwedstryd speel nadat albei hul kwarteindwedstryde op Key Biscayne gewen het. Pliskova het die drome van die Kroaat, Mirjana Lucic-Baroni met 6-3 en 6-4 kortgeknip. Wozniacki het klaargespeel met Lucie Safarova met 6-4 en 6-3.

Fabio Fognini het die halfeind in die mansenkelspel gehaal toe hy Kei Nishikori met 6-4 en 6-2 geklop het.

Gholf

In die VSA begin die Shell Houston Ope vandag in Texas. Ernie Els en Retief Goosen sal onder meer hul staal toon.

Rugby

Saru het bekend gemaak dat FlySafair voortaan die amptelike lugdiens van die Springbokke en SA Rugby sal wees. Tot nou toe was dit SAL.

Superrugby

Kom ons kyk na die bepalings vir die naweek:

Varsityrugby

Die halfeindwedstryde word Maandag beslis. Daar is gister aangekondig dat die sogenaamde Witkaart-verwysingsisteem tydens die half- en eindstryde gebruik sal word. Die witkaart word deur die afrigter of kaptein gebruik om ʼn besluit van die skeidsregter te verwys vir TV-hersiening. Elke span kry 1 witkaart per helfte.

Sokker

Verskeie Premierliga-wedstryde word Saterdag gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jack Russl ·

Ag nee Maroela, ek kan my kommentaar van ‘n paar dae terug net so oorskryf.

Momentum-eendagreeks is nie T20-krieket nie

Janie Monsieur ·

Dagsê Jack Russel,

Dankie vir jou kommentaar. Ag jammer dat ons dit alweer misgekyk het, lyk my die week raak te lank vir ons! Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Peet ·

Hoekom word die nuus oor die plaaslike eendagkrieket klokslag onder die hofie “T20-krieket ” gepubliseer?

Janie Monsieur ·

Dagsê Peet,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die fout en dankie dat jy ons daarop gewys het! Die berig is reeds gewysig.

Groentis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.