Vandag se sportnuus

rugbypale

Argieffoto.

Rugby:

  • ’n Paar dae nadat die Springbokke die Argentyne behoorlik in Salta gestamp het, het die SA Skole-span gister in die Paarl ’n soortgelyke prestasie behaal.
  • Die Skoolbokke het hul Argentynse eweknie ’n rugbyles geleer en met 48-14 gewen. Dylan Alexander en Henco van Wyk het elk twee drieë in die oorwinning gedruk.

Puntemakers:

  • SA Skole Span: Drieë: Dylan Alexander (2), Henco van Wyk (2), Jacques Goosen, Gideon van Wyk, Zeilinga Strydom. Doelskoppe: Kian Meadon (5). Strafskop:
  • Argentinië: Drieë: Facundo Villabla, Ignacio Ruiz. Doelskoppe: Ramiro Weisberg, Thomas Oria.
  • Die SA Skole A-span het met 31-31 teen Wallis gelykop gespeel.
  • Scarra Ntubeni behoort die naweek sy Springbokdebuut op Loftus Versfeld teen Argentinië te maak, iets wat dalk die einde van Akker van der Merwe se Springbokdrome kan beteken.
  • Met Malcolm Marx, Schalk Brits, Bongi Mbonambi en nou Ntubeni wat bó die vurige Van der Merwe gekies word, is hy klaarblyklik nie deel van Rassie Erasmus se toekomsplanne nie.

Tennis:

  • Raven Klaasen en sy dubbelspelspanmaat, Michael Venus van Nieu-Seeland, het na die tweede ronde van die ATP Meesterstoernooi in Cincinnati deurgedring.
  • Hulle het Vir Dusan Lajovic en Laslo Dere met 6-3 en 6-1 geklop.

Krieket:

  • Faf du Plessis is die kaptein van die Proteas se toetsspan vir die komende reeks teen Indië.
  • Anrich Nortje (snelbouler), Rudi Second (paaltjiewagter) en Senuran Muthusamy (draaibalbouler) is die nuwelinge in die groep.
  • Proteas: Faf du Plessis (kaptein), Temba Bavuma (onderkaptein), Theunis de Bruyn, Quinton de Kock, Dean Elgar, Zubayr Hamza, Keshav Maharaj, Aiden Markram, Senuran Muthusamy, Lungi Ngidi, Anrich Nortje, Vernon Philander, Dane Piedt, Kagiso Rabada, Rudi Second.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.