Vandag se sportnuus

Siya Kolisi. Foto: Facebook.

Rugby:

  • Rassie Erasmus het sy Springbokspan vir die finale toetswedstryd vóór die Wêreldbeker-rugbytoernooi aangekondig.
  • Siya Kolisi sal die wedstryd op flank begin, maar Erasmus het gesê dat hy moontlik reeds voor rustyd deur óf Kwagga Smith óf Marco van Staden vervang kan word.
  • “Ons probeer om vir Siya stadig maar seker weer terug te faseer en hy sal beslis nie die volle 80 minute speel nie – hy het immers net ’n paar minute Curriebeker-rugby agter die blad. Soos ons almal weet, wil ons hom bitter graag na die Wêreldbeker saamneem. Ons wil dus seker maak dat hy in topvorm is wanneer die toernooi begin,” het Erasmus gesê.
  • Die 38-jarige Schalk Brits sal die span op die veld lei.
  • Die wedstryd begin Saterdag om 17:05 op Loftus Versfeld en word regstreeks op SuperSport1 uitgesaai.
  • Springbokke: Warrick Gelant (heelagter), S’bu Nkosi (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Dillyn Leyds (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Cobus Reinach (skrumskakel), Marcell Coetzee (agtsteman), Rynhardt Elstad (flank), Siya Kolisi (flank), Lood de Jager (slot), RG Snyman (slot), Vincent Koch (stut), Schalk Brits (haker en kaptein), Thomas du Toit (stut). Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Lizo Gqoboka, Wilco Louw, Marvin Orie, Marco van Staden, Kwagga Smith, Faf de Klerk, Frans Steyn.

Krieket:

  • Die Euro T20 Slam-toernooi is gekanselleer. Volgens die toernooi se organiseerders sal dit nie moontlik wees om die reeks vanjaar aan te bied nie en daarom is dit tot 2020 uitgestel.
  • Suid-Afrika se Dale Steyn, Imran Tahir en JP Duminy sou in aksie gewees het.
  • Daar is gister nie ’n enkele aflewering in die tweede toets in die Reeks om die As tussen Engeland en Australië op Lord’s afgestuur nie.
  • Die reënweer het spel in die wiele gery en Engeland se opwindende Jofra Archer sal hopelik later vandeesweek teen die Aussie-kolwers losgelaat word.
  • Australië het die eerste toets met 251 lopies gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

kolla ·

Weet nie wat om te verwag van hierdie eksperimentele span nie. Bly Leyds en Coetzee kry welverdiende kans en dat Kolisi weer die wêreld aan die brand kan speel, iets wat ons gemis het met kwakkies se oneffektiewe bydrae.

Rinkhals ·

Lleyds gaan “late’s” wees op die verdediging soos gewoonlik.

kolla ·

Kyk net hoe rangeer Kaptein Kolisi die manne op daai foto. Wat ‘n kaptein, wat ‘n speler.

@kolla ·

Nee, daai foto was waar hy gevra het of hy nie asb nog 5 min vroeër kan afgaan nie. Hy was reeds doodmoeg na 30min.

Gatiep ·

Ou Kolla,
Rassie volg maar net die AB se voorbeeld met n siftings proses. Hopelik is jou voorspelling reg oor K, dws as hy in die agterlyn boer. Miskien maak hy aanspraak vir een van die senter posisies. Ek sal jou antwoord na die game.

Ag! ·

Een stap vorentoe en tien terug met kolisie en Elton weer terug.. Ai kwotas implementering op sy beste ..Net die papsak wyndrinkers kan bly wees die span word weer so met hul plasings verswak…ai..

Apools ·

Nee wat kolla Vermeulen se leierskap en spel die afgelope RC het weer bewys die bokke is maar beter met ‘n duusman as kaptein.

cr ·

Ek is bly Kolisi speel. Nou kan hy ou tarentaal verkeerd bewys.

sweis ·

Ek dink nie veel van Kolisi se spel nie nog minder van sy leierskap vermoë en dit het niks met hom persoonlik te make nie,Ritchie Macaw was n uitstekende leier en speler ,maar speel Kolisie want hulle behoort nie die semi uitspeel ronte te haal nie.

Buffel ·

Steek baie sleg af met verlede bok reuse soos Naas, Teichmann, Francois, John Smit, selfs Duane is nie net ‘n beter speler maar leier ook. In die internasionale arena is Read, Wynn Jones, Hooper en Creevy nie net meer indrukwekkend fisies en as spelers nie maar ook as leiers.

kolla ·

Richie McCaw is een van die beste spelers en kapteins van alle tye, beter as enige Springbokaptein en flank in enige era. Dus geen skande om gering geag te word aan een van die allergrootstes in rugby se geskiedenis nie. Onregverdige vergelyking.

Polla ·

Ja en Kolisi vra net as hy dalk langs die pale druk of dit ook ok is vir die doelskop.

Apools ·

Polla kolla en ander van dieselfde jy kan maar stry maar die afgelope paar toetse met Vermeulen op kaptein en Smit op 6 het nou maar net weer gewys dat die bok span perform beter met ‘n duusman op kaptein. Dis nie die gesukkel en swak leierskap en vroee bankie toe drawwe van voorheen nie.

Polla ·

Kolisi bring spoed in die lostrio en sal die kombinasie met Pstef en Duene goed voltooi. Hou asb net vir van Staden ver weg- dom en stadig.

Buffel ·

Polla kolla se nefie al spoed wat kolisi bring is rusbankie toe na 50 min. Vermeulen speel as kaptein ten minste 70 minute, Kieran Read en Alun Wyn Jones van Wallis ook. Michael Hooper van Aus het die laaste drie RC wedstryde 80 min gespeel met massiewe werkverrigting. Selfs Kwagga speel 70 min. Wat is fout met die bok kaptein of is dit maar soos met meeste kwota posisies voldag se pay vir halfdag se werk?

kolla ·

Daai lostrio is sekere keuses asook Louw op die bank. Daar’s waarskynlik nog plek vir 2 reserwe losvoorspelers in die groep. Interessant dat al 4 ander opsies vir die wedstryd gekies is, verseker ‘n mini-proewe vir dié spelers.

CFS ·

Ou kolla,aan die begin van die siesoen het ek my meer as een maal liederik vervies vir jou “slimheid” maar nou lag ek vir al die nonsies wat jy kwyt raak.Daar is ongelukkig nie pille vir onnosele arrogansie nie.Jy laat my dink aan ons huidige regering.(moontlik sal jy kan uitwerk wat ek bedoel)Droom voort ou perd.

Poot ·

@kolla
Man ou kolla…… jy klink vir my na n man wat jou rygby ken (not).

Danie ·

Regtig dink persoonlik Rassie kan ñ beter speler kies hy’s glad nie die beste nie

Anoniem ·

Polla en Kolla gesels met homself. Dieselfde ou wat net wil klink of iemand met hom saam stem?

Lekker lag ·

Presies. Na so 5 l van daai foelie sak gesels hy lekker met homself.

Afrikaan ·

Kolisi kon nog nooit vir 80 minute speel nie, so wat’s nou anders??

Joke! ·

Ons weet presies wat om te verwag met die kolisie en Elton eksperiment….een hengse flop nes van te vore…Dank vader kolisie speel nie 80 min nie dink aan al die skade wat hy in 80 min aan die span kan berrokken met hulp van sy eweknie Elton….oe genade..

Fielies ·

Manne, julle roer darem mekaar se galle hier, gaan liewer op die veld en wys hoe dit gedoen moet word. Of……staan die beste stuurman aan wal??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.