Vandag se sportnuus

Kieran Read is een van die All Blacks wat deurgeloop het. Foto: Facebook.

Rugby:

  • Argentinië het 12 veranderinge aan hul beginspan gemaak vir môre se vriendskaplike toets op Loftus Versfeld teen die Springbokke.
  • Net die kaptein, Pablo Matera, het saam met Javier Ortega Desio en Jeronimo de la Fuente hulle plekke in die beginspan behou.
  • Argentinië: Joaquin Tuculet (heelagter), Sebastian Cancelliere (regtervleuel), Jeronimo de la Fuente (buitesenter), Lucas Mensa (binnesenter), Ramiro Moyano (linkervleuel), Joaquin Diaz Bonilla (losskakel), Felipe Ezcurra (skrumskakel), Javier Ortega Desio (agtsteman), Marcos Kremer (flank), Pablo Matera (flank en kaptein), Thomas Lavanini (slot), Guido Petti (slot), Santiago Medrano (stut), Julian Montoya (haker) en Mayco Vivas (stut). Plaasvervangers: Augustine Creevy, Nahuel Tetaz Chaparro, Juan Figallo, Matias Alemanno, Thomas Lezana, Gonzalo Bertanou, Benjamin Urdapilleta, Santiago Carreras.
  • Intussen het die Australiese media, propvol selfvertroue ná hulle span se sege van 47 – 26, geskryf dat die All Blacks met “pensionarisse” speel.
  • Veral die 34-jarige Sonny Bill Williams en die 33-jarige Kieran Read het deurgeloop.
  • Die Wallabies kon egter laas in 1986 ’n toets op Edenpark wen.

Tennis:

  • Roger Federer is gister deur die 70ste beste speler ter wêreld, Andrey Rublev, uit die Cincinnatti Meesters geboender. Die Rus het die legendariese Federer met 6-3 en 6-4 gewen.

Krieket:

  • Australië het die hef in die hand na gister se krieketaksie op Lord’s. Hulle het die Engelse vir 258 uitgehaal.
  • Joz Hazlewood (3/58) en Pat Cummins (3/61) het die beste met die bal gevaar, terwyl Rory Burns (53) en Jonny Bairstow (52) die voorste Engelse kolwers was.
  • Teen uitskeityd was Australië se telling 30/1.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Die All Blacks is en bly altyd n gevaarlike span, al het hulle verloor. n Wedstryd teen hulle is nooit n maklike wedstryd nie, veral in Nieu- Seeland.

Chesterfield ·

Haha pasop nou, Australia raak nou weer te arrogant. Die All blacks gaan hule n goeie pakslae gee

mike ·

Hoe laat word hiedie toets in S A uitgesaai?
Kan iemand my asb laat weet?
Dankie byvoorbaat

Frans C ·

Ai en toe is is die ‘pensionarisse’ met 36-0 te goed vir die puntlose Wallabies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.