Vandag se sportnuus

Marcell Coetzee tydens ’n oefensessie vroeër op Loftus Versfeld. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Marcell Coetzee is nie deel van die groep van 36 spelers wat gister na Bloemfontein vir ’n oefenkamp vertrek het nie.
  • Die losvoorspeler het Saterdag gedurende die toets teen Argentinië op Loftus Versfeld die veld weens ’n hoofbesering verlaat. Hy het nie weer verder aan die toets deelgeneem nie weens vrees vir harsingskudding.
  • Tog het Rassie Erasmus gesê dat hy deel van die Bokke se Wêreldbeker-planne bly.
  • Warren Whiteley en Aphiwe Dyantyi is ook nie in die oefengroep ingesluit nie.
  • Erasmus sal sy finale span op 26 Augustus om 15:00 aankondig.
  • Spelers na die Bloemfontein-kamp:
  • Voorspelers (21):Schalk Brits, Lood de Jager, Thomas du Toit, Pieter-Steph du Toit, Rynhardt Elstadt, Eben Etzebeth, Lizo Gqoboka, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Siya Kolisi, Francois Louw, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira, Franco Mostert, Trevor Nyakane, Marvin Orie, Kwagga Smith, RG Snyman, Duane Vermeulen.
  • Agterspelers (15):Lukhanyo Am, Damian de Allende, Faf de Klerk, André Esterhuizen, Warrick Gelant, Elton Jantjies, Herschel Jantjies, Cheslin Kolbe, Jesse Kriel, Makazole Mapimpi, Sbu Nkosi, Willie le Roux, Handré Pollard, Cobus Reinach, Frans Steyn.

Krieket:

  • Die tweede toets in die Reeks om die As het gisteraand onbeslis op Lord’s geëindig. Tog het die laaste dag vir spannende krieket gesorg met die Aussies wat 267 lopies vir ’n oorwinning gejaag het.
  • Die Australiërs het die dag op 154/6 afgesluit nadat Engeland se Jofra Archer (3/32) die wedstryd so byna vir die tuisspan beklink het.
  • Vroeër in die wedstryd moes ’n briljante Steve Smith die veld verlaat nadat ’n veglustige Archer hom teen die nek geboul het.
  • Marcus Labuschagne, wat in Suid-Afrika gebore is, het toetskrieket se eerste plaasvervanger geword toe hy Smith se plek in die span ingeneem het.
  • Hy het veral goed in die Aussies se laaste beurt wal gegooi en sy 59 het gesorg dat die wedstryd onbeslis eindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

OomWP ·

Gaan afhang of Coetzee reg is. Willemse mag ook ‘n laat insluiting wees as hy reg is (onwaarskynlik). Sover sou ek sê Elstadt, Gqoboka, Orie. Ek wou ook Thomas du Toit noem maar daar gaan dalk minstens 5 voorrye nodig wees. Reinach kan oor die hoof gesien word veral nou dat ons weet dat Kolbe daar kan instaan. Moeilik om enige ander agterspeler te noem siende dat daar net 15 (14 sonder Reinach) in die groep is. Een of twee van Mapimpi, Gelant of Steyn kan dalk ook uitsluitings wees.

Polla ·

Thomas du Toit, Orie, Frans Malherbe , Andre Esterhuizen en Gelant behoort dit definitief nie maak nie.

Antoon ·

Ek sien hoeka Frans Malherbe staan volspoed daar agter :-)

Loutjie ·

Rassie, jy gaan n fout maak as jy Wilco Louw uitlaat. Hy gee meer stabiliteit aan die skrum as al die vaskoppe.

Frans C ·

Met 32 in Bloemfontein-wie is die ongelukkige een om uitgelaat te word?
voorspelers (18)

Schalk Brits (Bulls), Lood de Jager (Bulls), Pieter-Steph du Toit (Stormers), Rynhardt Elstadt (Toulouse, France), Eben Etzebeth (Stormers), Steven Kitshoff (Stormers), Vincent Koch (Saracens, England), Siya Kolisi (Stormers), Francois Louw (Bath, England), Frans Malherbe (Stormers), Malcolm Marx (Lions), Bongi Mbonambi (Stormers), Tendai Mtawarira (Sharks), Franco Mostert (Gloucester, England), Trevor Nyakane (Bulls), Kwagga Smith (Lions), RG Snyman (Bulls), Duane Vermeulen (Bulls)

Agterspelers(14)

Lukhanyo Am (Sharks), Damian de Allende (Stormers), Faf de Klerk (Sale Sharks, England), Warrick Gelant (Bulls), Elton Jantjies (Lions), Herschel Jantjies (Stormers), Cheslin Kolbe (Toulouse, France), Jesse Kriel (Bulls), Makazole Mapimpi (Sharks), S’bu Nkosi (Sharks), Willie le Roux (Toyota Verblitz, Japan), Handre Pollard (Bulls), Cobus Reinach (Northampton Saints, England), Frans Steyn (Montpellier, France)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.