Vandag se sportnuus

Tatjana Schoenmaker sal nie by die Afrikaspele in aksie wees nie. Foto: ANA.

Swem:

  • Suid-Afrika het ’n sterk groep swemmers in die swembad wanneer hul Afrikaspele-veldtog amptelik môre in Marokko begin.
  • Hoewel Chad le Clos en Tatjana Schoenmaker nie deel van die aksie sal wees nie, sal die Suid-Afrikaners steeds hul stem in die swembad wil laat hoor.
  • Hulle het tydens die vorige Spele in 2015 meer as 50 medaljes verower.
  • Die aksie begin môre om 10:00.
  • Mans: Alard Basson, Alaric Basson, Ayrton Sweeney, Brad Tandy, Brent Szurdoki, Douglas Erasmus, Martin Binedell, Michael Houlie, Michale McGlynn, Nail Fair, Mohammad Ra’ees Warley, Roberto Gomes en Ryan Coetzee.
  • Vroue: Carli Antonopoulos, Christin Mundell, Emma Chelius, Erin Gallagher, Jessica Whelan, Kerryn Herbst, Kaylene Corbett, Lewethu Mbatha, Samantha Randle.

Rugby:

  • Marcell Coetzee se droom om by vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in aksie te wees, in aan skerwe.
  • Die 28-jarige losvoorspeler van Ulster sal vir 12 weke op die krukkelys wees nadat hy harsingskudding opgedoen het én sy enkel beseer het tydens die afgelope toets teen Argentinië op Loftus Versfeld.
  • Rassie Erasmus het ook die snoeiskêr onder die groep van 36 spelers by die week se oefenkamp in Bloemfontein ingelê.
  • Lizo Gqoboka (stut), Thomas du Toit (stut), Marvin Orie (slot) en André Esterhuizen (senter) is beskikbaar om vir hul provinsies uit te draf.
  • In die Curriebeker-reeks is die Griekwas tans die voorlopers, gevolg deur die Cheetahs, Leeus en Haaie.
  • Punteleer:
  1. Griekwas 19 punte
  2. Cheetahs 17 punte
  3. Leeus 17 punte
  4. Haaie 14 punte
  5. WP 13 punte
  6. Blou Bulle nege punte
  7. Pumas nege punte

Krieket:

  • Die voormalige Protea-breier, Russell Domingo, is as Bangladesj se nuwe hoofafrigter aangewys. Hy vervang Steve Rhodes aan die stuur van sake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lou ·

Ek het soveel hoop gehad vir Thomas du Toit maar hy het nie ‘n goeie wedstryd gehad die afgelope naweek nie. Hou aan werk aan jou spelpeil en skrum tegniek, jy is nog jonk en daar is nog wereldbeker toernooie vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.