Vandag se sportnuus

Marco van Staden. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Die Blou Bulle sal deur die terugkeer van Lizo Gqoboka (stut) en Marco van Staden (flank) versterk word wanneer hulle die Haaie Saterdag op Loftus Versfeld aanvat.
  • Albei spelers is in die beginspan, terwyl Ivan van Zyl op skrumskakel die span sal aanvat.
  • Blou Bulle: Divan Rossouw (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitesenter), Dylan Sage (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Manie Libbok (losskakel), Ivan van Zyl (kaptein en skrumskakel), Tim Agaba (agtsteman), Wian Vosloo (flank), Marco van Staden (flank), Ruan Nortje (slot), Andries Ferreira (slot), Wiehahn Herbst (stut), Johan Grobbelaar (haker), Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Corne Els, Dayan van der Westhuizen, Conraad van Vuuren, Jean Droste, Ruan Steenkamp, Embrose Papier, Vaughen Isaacs, Stedman Gans.

Swem:

  • Suid-Afrika se swemmers het gister hul stemme in Marokko dik gemaak toe hulle ses goue, drie silwer en twee brons medaljes verower het.

Krieket:

  • Die derde toets in die Reeks om die As begin vandag op Headingley.
  • Die Australiërs is onoorwonne in agt toetse op Engelse bodem, maar met Steve Smith (hul voorste kolwer) op die kantlyn, kan Engeland die bordjies verhang.
  • Marnus Labuschagne behoort weer Smith se skoene in die Aussie-kolflys vol te staan.
  • Hoe die spanne kan lyk:
  • Engeland: Jason Roy, Rory Burns, Joe Root (kaptein), Joe Denly, Ben Stokes, Jos Buttler, Jonny Bairstow (paaltjiewagter), Chris Woakes, Jofra Archer, Stuart Broad, Jack Leach.
  • Australië: David Warner, Cameron Bancroft, Usman Khawaja, Marnus Labuschagne, Travis Head, Matthew Wade, Tim Paine (kaptein en paaltjiewagter), Pat Cummins, James Pattinson, Peter Siddle, Nathan Lyon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae