Vandag se sportnuus

Kaylene Corbett het weer ’n medalje gewen. Foto: Reg Caldecott.

Swem:

  • Suid-Afrika se swemmers het gister weer ’n lekker klomp medaljes by die Afrikaspele in Marokko verower.
  • Die span het altesaam 13 medaljes verower, waaronder vyf goues.
  • Die items waarin presteer is:
  • Vroue 200 m-vryslag: Christin Mundell (silwer).
  • Vroue 100 m-borsslag: Kaylene Corbet (goud), Christini Mundell (silwer).
  • Mans 100 m-borsslag: Alaric Basson (goud) en Michael Houlie (brons).
  • Vroue 50 m-vlinderslag: Erin Gallagher (silwer) en Emma Chelius (brons).
  • Mans 50 m-vlinderslag: Ryan Coetzee (derde).
  • Vroue 400 m individuele wisselslag: Samantha Randle (goud) en Jessica Whelan (brons).
  • Mans 400 m individuele wisselslag: Ayrton Sweeney (silwer).
  • 4 x 100 m gemengde wisselslag: Martin Binedell, Michael Houlie, Erin Gallagher, Emma Chelius (goud).
  • Vroue 4 x 200 m-vryslag: Christin Mundell, Jessica Whelan, Erin Gallagher en Carli Antonopoulos (goud).

Krieket:

  • Gister het Jofra Archer weer eens onder die Aussie-kolwers op Headingley gemaai. Die jong Engelse snelbouler wat op Lord’s met sy aggressiewe boulwerk vir Steve Smith en Marnus Labuschagne raakgeboul het, het 6/45 geneem om vir Australië tot 179 te beperk.
  • Labuschagne het 74 lopies vir die besoekers aangeteken terwyl David Warner 61 geslaan het.
  • Hulle het egter van 136/2 na 179/10 ineengestort.

Fietsry:

  • Suid-Afrika se Gert Fouché het ’n nuwe wêreldrekord in die meesterskategorie opgestel.
  • Die 39-jarige Suid-Afrikaner het in Mexiko 51,599 km in een uur afgelê.
  • Die vorige rekord is deur Australië se James Ogilve opgestel. Hy het verlede jaar 49,514 km in ’n uur afgelê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.