Vandag se sportnuus

Ben Stokes. Foto: (Mike Egerton/PA via AP)

Krieket:

  • Die Reeks om die As is aan die brand! Dít nadat Engeland gister op dramatiese wyse die derde toets op Headingley met een paaltjie beklink het.
  • Die Engelse moes 359 vir ’n oorwinning jaag en met die telling op 286/9 het dit gelyk asof Australië die uitklophou geplant het.
  • Maar ’n fantastiese vennootskap van 76 lopies om die tiende paaltjie tussen Ben Stokes (135*) en Jack Leach (1*) het die wedstryd vir die Engelse beklink.
  • Die laaste vennootskap was beslis nie sonder enige drama nie en Australië het drie kanse gehad om die vennootskap te breek – Marcus Harris het ’n vangkans verbrou, terwyl Nathan Lyon ’n maklike uithardloopkans gemis het, en daar was ook ’n BVP-blaps.
  • Die reeks is tans gelykop nadat Australië die eerste toets op Edgbaston met 251 lopies gewen het.

Rugby:

  • Rassie Erasmus sal vanmiddag regstreeks op SuperSport 1 sy Springbokspan vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan bekendmaak.
  • Die Bokke speel op 21 September teen Nieu-Seeland in Yokohama.
  • Die Curriebeker-halfeindstryde is ook bepaal met die Leeus wat Saterdag om 14:00 teen die Griekwas op Ellispark speel, terwyl die Cheetahs en die Haaie om 17:00 in Bloemfontein sal kragte meet.

Gholf:

  • Erik van Rooyen het R4,2 miljoen ingepalm nadat hy die Skandinawiese Uitdaagtoernooi in Swede gewen het.

Afrikaspele:

  • In die swembad het Suid-Afrika hul swemveldtog met 45 medaljes (20 goud, 13 silwer en 12 brons) afgesluit.
  • Die atletiek-aksie begin vandag in Marokko met Sunette Viljoen en Anaso Jobodwana as spankapteins.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swartwolf ·

England se wen gister was ongelooflik. Stokes – wat ‘n speler. “Fortune favors the brave”.

JohanL ·

En daar bevoordeel NOG ‘n groot skeidsregterfout die Engelse. Baie swak beslissing deur skeidsregter om nie die laaste BVP appel te gegee het nie. Eerste instink met lewendige gebeurtenis was dat dit uit was.

Dit is nou na die ander GROOT blaps in die Wereldbeker (oorgooi wat net 5 lopies moes wees).

En ja, ek weet die Aussies het hul kanse gehad. Die verwysing deur Aussie kaptein toe Pattinson geboul het (bvp- beslissing wat duidelik nie-uit-nie was en Pattinson het ook gewys dit is nie-uit-nie) was fatale fout. Hulle kon dit eerder op die Stokes bvp gebruik het.

Rupert Ashford ·

Daar is niks lekkerder as om die Australiese pers te lees wanneer hulle die “onverloorbare” wel verloor nie. Die gemiddelde Aussie is OK oor die tipe goed, maar hulle pers is ‘n ander spesie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.