Vandag se sportnuus

Olimpiese Spele

Die beheerliggaam van Wêreldkrieket het aangedui dat hy dalk gaan aansoek doen om weer Olimpiese Status te verkry. Krieket was net in 1900 deel van die Olimpiese Spele en nou gaan daar gepoog word om weer in 2024 toegelaat te word. Bofbal en sagtebal sal in 2020 in Tokio hul terugkeer maak tot die Spele.

En die IOK het ook vier Russiese atlete van die 2012 Olimpiese Spele in Londen gediskwalifiseer nadat hertoetsing gewys het hulle is positief getoets vir verbode middels.

Eendagkrieket

Die Momentum-eendagreeks se eindstryd word vanmiddag op Supersport Park in Centurion gespeel. Die Titans en Warriors pak mekaar om 14:00. Verskeie Protea-spelers sal in aksie wees op ʼn verwagte volgepakte stadion. AB de Villiers sal die grootste aantrekkingskrag wees.

T20-krieket

In die tweede T20-wedstryd tussen die Wes-Indiese Eilande en Pakistan het sake só verloop:
Pakistan 132
Wes-Indiese Eilande 129/8
Pakistan wen met drie lopies en loop nou met 2-0 voor in die reeks van drie wedstryde.

Tennis

By die Miami Ope lyk van die uitslae só:
Roger Federer het in ʼn valbylpot in die derde stel met Tomas Berdych afgereken en deurgedring na die halfeindstryd. Federer het met 6-2, 3-6 en 7-6 (8/6) geseëvier.

Nick Kyrgios is ook deur na die halfeind na ʼn 6-4, 6-7 (9/11) en 6-3 oorwinning oor Alexander Zverev.

Fabio Fognini en Rafael Nadal is ook deur na die halfeind.

In die vroue-enkelspel het Caroline Wozniacki haar plek in die eindstryd bespreek deur Karolina Pliskova met 5-7, 6-1 en 6-1 te klop.

Gholf

In die VSA is die eerste ronde van die Shell Houston Ope in Texas voltooi.

Superrugby

Kom ons kyk na die bepalings vir die naweek:

• Die twee Du Preez-broers sal vir die eerste keer in maande weer saam in die beginspan vir die Sharks op die veld draf.
• Die veelsydige 19-jarige Junior Bok Cobus Wiese sal vir die eerste keer in die Stormers se beginspan uitdraf.
• Die Cheetahs het die nuweling Luther Obi ingesluit in hul wedstryd groep van 23 spelers.

Varsityrugby

Dié halfeindwedstryde word Maandag beslis.

Sokker

Verskeie Premierliga-wedstryde word môre in Engeland gespeel.

En in Suid-Afrika lyk môre se Premierliga-bepalings so:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.