Rugby:
- Die Nieu-Seelandse afrigter, Steve Hansen, het vir ’n mini-opskudding gesorg toe hy die veteraanstut, Owen Franks, uit sy groep van 31 spelers vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi gelaat het.
- Franks het al 108 toetse vir die All Blacks gespeel, maar is weggelaat vir die finale Bledisloe-wedstryd teen Australië nadat hy die vorige week swak teen die einste teenstanders in Perth gespeel het.
- Hy was in 2011 en in 2015 deel van die Kiwi’s se Wêreldbeker-wenspanne.
- Die Superrugby-driedrukmasjien, Ngani Laumape, is ook nie deel van Hansen se planne nie.
- Kieran Read sal die span aanvoer.
- All Blacks: Joe Moody, Nepo Laulala, Angus Ta’avao, Ofa Tu’ungafasi, Atu Moli, Dane Coles, Codie Taylor, Liam Coltman, Patrick Tuipulotu, Sam Whitelock, Brodie Retallick, Scott Barrett, Luke Jacobson, Matt Todd, Ardie Savea, Sam Cane, Kieran Read (kaptein), Aaron Smith, TJ Perenara, Brad Weber, Richie Mo’unga, Beauden Barrett, Sonny Bill Williams, Ryan Crotty, Jack Goodhue, Anton Lienert-Brown, Rieko Ioane, Sevu Reece, George Bridge, Jordie Barrett, Ben Smith.
Tennis:
- By die Amerikaanse Ope het Rafael Nadal maklik na die volgende ronde deurgedring, terwyl Suid-Afrika se Raven Klaasen vandag sy eerste dubbelspelwedstryd speel.
- Rafael Nadal 6 – 3, 6 – 2 en 6 – 2 teen John Millman
- Thomas Fabbiano 6 – 4, 3 – 6, 6 – 3 en 6 – 2 teen Dominic Thiem
- Andrey Rublev 6 – 4, 6 – 7, 7 – 6 en 7 – 5 teen Stefanos Tsitsipas
- Alexander Zverev 6 – 1, 6 – 3, 3 – 6, 4 – 6 en 6 – 2 teen Radu Albot
- Naomi Osaka 6 – 4, 6 – 7 en 6 – 2 teen Anna Blinkova.
Krieket:
- Die Australiese kolwer Steve Smith sal na verwagting môre in ’n opwarmingswedstryd teen Derbyshire speel.
- Hy het die derde toets op Headingley – wat Engeland op dramatiese wyse met een paaltjie gewen het – misgeloop nadat hy deur Jofra Archer in die toets op Lord’s raakgeboul is.