Vandag se sportnuus

Brent Janse van Rensburg. Foto: Facebook.

Rugby:

  • Een van Suid-Afrika se beste jong afrigters, die Griekwas se Brent Janse van Rensburg, sal die unie teen die einde van die huidige seisoen verlaat.
  • Die 39-jarige Janse van Rensburg het in sy eerste seisoen in Kimberley die SuperSport-uitdaagreeks saam met die span gewen, terwyl hulle ook vir Saterdag se halfeindstryd van die Curriebeker-reeks gekwalifiseer het.
  • “Ons hoofafrigter, Brent Janse van Rensburg, sal ons aan die einde van die seisoen verlaat vir ’n geleentheid om op hoër vlak af te rig,” het die Griekwas-rugbyunie gister in ’n verklaring gesê.
  • Hulle het bygevoeg dat Janse van Rensburg se nuwe bestemming eers ná die Griekwas se finale wedstryd aangekondig sal word.

Gholf:

  • Coert Groenewald is die wenner van die Big Easy-uitdaagtoernooi. Sy telling van 206 was een hou minder as Ruan Korb (207) en Peetie van der Merwe (207).

Afrikaspele:

  • Suid-Afrika se Maroesjka Mathee het gister die goue medalje in die 65 km-fietswedren losgery. Sy het die afstand in ’n tyd van 1:45,15 uur
  • Wayne Snyman het derde in die 20 km-stap geëindig met sy tyd van 1:23,38 uur.
  • Dan het Chanel Simmonds vir die tennis-eindstryd gekwalifiseer toe sy Egipte se Sandra Samir 6-2 en 6-2 in die halfeindstryd geklop het.

Amerikaanse Ope:

  • Die wêreld se voorste manspeler, Novak Djokovic, het met effense ongemak na die volgende ronde van die Amerikaanse Ope deurgedring nadat sy linkerskouer hom gedurende sy wedstryd begin probleme gee het. Hy het egter steeds vir Juan Londero met 6-4, 7-6 en 6-1 getroef.
  • Serena Williams 5-7, 6-3 en 6-1 teen Caty McNally
  • Roger Federer 3-6, 6-2, 6-3 en 6-4 teen Damir Dzumhur
  • Kei Nshikori 6-2, 4-6, 6-3 en 7-5 teen Bradley Klahn
  • Ashleigh Barty 6-2 en 7-6 teen Lauren Davis
  • Karolina Pliskova 6-1 en 6-4 teen Mariam Bolkvadze

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.