Vandag se sportnuus

Coenie Oosthuizen. (Foto: GB Jordaan)

Rugby:

  • Twee Suid-Afrikaanse spelers, Lappies Labuschagne en Wimpie van der Walt, is in Japan se Wêreldbekergroep van 31 spelers vir die internasionale skouspel. Die gasheerland speel op 6 September ’n opwarmingswedstryd teen Rassie Erasmus se Springbokke.
  • Die Curriebeker-halfeindstryde vind dié naweek plaas met die Leeus en die Griekwas wat mekaar om 14:00 op Ellispark aanvat en die Cheetahs en Haaie wat om 17:00 in Bloemfontein kragte meet.
  • Die Leeus het ’n onveranderde span vir hul Griekwas-halfeindstryd aangekondig. Die Johannesburgers het verlede naweek die Kimberley-manne met een punt geklop.
  • Goue Leeus: Tyrone Green (heelagter), Madosh Tambwe (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Duncan Matthews (binnesenter), Stean Pienaar (linkervleuel), Shaun Reynolds (losskakel), Ross Cronje (kaptein en skrumskakel), Hacjivah Dayimani (agtsteman), Cyle Brink (flank), Marnus Schoeman (flank), Marvin Orie (slot), Ruben Schoeman (slot), Jacobie Adriaanse (stut), Pieter Jansen (haker), Sti Sithole (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Dylan Smith, Johannes Jonker, Wilhelm van der Sluys, Len Massyn, Dillon Smit, Jan-Louis la Grange, Jamba Ulengo.
  • In Bloemfontein sal Ox Nche vir die Cheetahs op stut uitdraf.
  • Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), William Small-Smith (regtervleuel), Benhard Janse van Rensburg (buitesenter), Dries Swanepoel (binnesenter), Tian Meyer (kaptein en linkervleuel), Tian Schoeman (losskakel), Ruan Pienaar (skrumskakel), Henco Venter (agtsteman), Abongile Nonkontwana (flank), Junior Pokomela (flank), Walt Steenkamp (slot), Sintu Manjezi (slot), Erich de Jager (stut), Joseph Dweba (haker), Ox Nche (stut). Plaasvervangers: Jacques du Toit, Schalk van der Merwe, Reinach Venter, JP du Preez, Gerhard Olivier, Jasper Wiese, Darren Adonis, Louis Fouché.
  • Curwin Bosch sal ’n welkome terugkeer vir die Haaie op losskakel maak. Die talentvolle agterspeler het ’n paar weke gelede sy rug teen die einste Vrystaters in Durban seergemaak en is sedertdien op die krukkelys.
  • Haaie: Aphelele Fassi (heelagter), Kobus van Wyk (regtervleuel), Jeremy Ward (buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Lwazi Mvovo (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Sanele Nohamba (skrumskakel), Tera Mtembu (agtsteman), Jacques Vermeulen (flank), Phepsi Buthelezi (flank), Hyron Andrews (slot), Ruben van Heerden (slot), Coenie Oosthuizen (stut), Kerron van Vuuren (haker), Thomas du Toit (stut). Plaasvervangers: Dylan Richardson, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Gideon Koegelenberg, Andisa Ntsila, Cameron Wright, Rhyno Smith, JP Pietersen.

Afrikaspele:

  • Suid-Afrika het gister nog tien medaljes by die Afrikaspele in Marokko gewen. Die span het nou 76 medaljes by die kampioenskap verower. Die voorlopers, Egipte, het reeds ’n verstommende 223 medaljes gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.