Vandag se sportnuus

Serwië se Novak Djokovic. (Foto: Christophe Ena, AP)

Tennis:

  • Die verdedigende Amerikaanse Ope-kampioen, Novak Djokovic, het gister weens ’n skouerbesering aan die toernooi onttrek.
  • Die 32-jarige Djokovic kon gister net twee stelle teen Stan Wawrinka speel voordat hy die handdoek ingegooi het.
  • Die telling was toe 6 – 4, 7 – 5 en 2 – 1 in Wawrinka se guns.
  • Intussen het Roger Federer maklik na die kwarteindstryd deurgedring toe hy vir David Goffin 6 – 2, 6 – 2 en 6 – 0 gewen het.

Marathon:

  • Suid-Afrika se manspan het die goue medalje by die 50 km-Wêreldkampioenskap in Roemenië gewen.
  • Lungile Gongqa het die silwer medalje met sy tyd van 2:45:26 uur gewen, terwyl Edward Mothibi (2:49:49 uur) en Bongmus Mthembu (2:50:23 uur) onderskeidelik vyfde en sesde klaargemaak het.
  • Hul goeie vertonings het gesorg dat die span algeheel eerste was.
  • Onder die Suid-Afrikaanse vrouens het Yolande Maclean die beste gevaar en 17de in ’n tyd van 3:28:47 uur geëindig. Die vrouespan het die kampioenskap in die algehele vyfde plek afgesluit.

Rugby:

  • Alle paaie lei die naweek na Bloemfontein wanneer die Vrystaat Cheetahs die Goue Leeus in die Curriebeker-eindstryd pak.
  • Die Vrystaters het die Haaie met 51 – 30 oordonder, terwyl die Leeus 34 – 19 teen Griekwas baas was.
  • Intussen is dit bevestig dat Griekwas-breier, Brent Janse van Rensburg, vir Sean Everitt sal help om die Haaie af te rig.
  • Die 39-jarige Janse van Rensburg sal die Durbaniete se voorspelers afrig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.