Vandag se sportnuus

Foto ter illustrasie. Foto: Facebook.

Sokker:

  • Zambië het die naweek se vriendskaplike wedstryd teen Bafana Bafana op die nippertjie weens die oënskynlike xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika gekanselleer.
  • In ’n verklaring het Zambië se sokkerbase geskryf dat die kragmeting wat op die National Heroes-stadion in Lusaka geskeduleer was, afgelas is weens die veiligheidsvrese in Suid-Afrika.
  • Die Zambiërs sal nou Maandag teen Namibië speel, terwyl Suid-Afrika se sokkerbase nog rondskarrel om ’n nuwe teenstander te kry.

Krieket:

  • Die vierde toets in die Reeks om die As begin vandag op Old Trafford.
  • Australië se Steve Smith is weer terug in die span nadat hy die Headingley-toets weens harsingskudding misgeloop het.
  • Marnus Labuschagne – wat in Klerksdorp gebore is – sal op nommer drie vir die Australiërs kolf.
  • Engeland: Rory Burns, Joe Denly, Joe Root (kaptein), Jason Roy, Ben Stokes, Jonny Bairstow (paaltjiewagter), Jos Buttler, Craig Overton, Jofra Archer, Stuart Broad, Jack Leach.
  • Australië: David Warner, Marcus Harris, Marnus Labuschagne, Steven Smith, Travis Head, Matthew Wade, Tim Paine (kaptein en paaltjiewagter), Pat Cummins, Peter Siddle/Mitchell Starc, Josh Hazlewood, Nathan Lyon.
  • Elke span het tot dusver een toets elk gewen.

Tennis:

  • Roger Federer is uit die Amerikaanse Ope geskakel toe Grigor Dimitrov hom in vyf stelle in die kwarteindstryd geklop het.
  • Die telling was 3-6, 6-4, 3-6, 6-4 en 6-2 in die Rus se guns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.