Vandag se sportnuus

Tennis

By die Miami Ope Tennistoernooi is die eindstryde die naweek gespeel.

In die Mans-enkelspel het die 35-jarige Roger Federer vir Rafael Nadal met 6-3 en 6-4 geklop. Sedert Federer se terugkeer ná ses maande langs die baan agv ’n besering, het hy die Aussie Ope asook die Indian Wells-titels ingepalm.

Die Vroue-enkelspeltitel is deur die Brit Johanna Konta gewen wat vir Caroline Wozniacki met 6-4 en 6-3 geklop het.

Gholf

In die VSA is die Shell Houston Ope in Texas voltooi.

En op die LPGA-toer vir vroue in Kalifornië lyk die finale telbord so:

 

Eendagkrieket

Die Momentum-Eendagreeks se eindstryd is Vrydag afgehandel en die Titans is die kampioenspan. Hulle het ’n baie gemaklike oorwinning oor die Warriors behaal.

Titans          425/5 (50 bb, Markram 161, Davids 114)

Warriors        189   (31/50 bb)

Titans wen met 236 lopies

In die derde Eendagwedstryd in Colombo het Sri Lanka koning gekraai oor Bangladesh.

Sri Lanka       280/9 (50 bb)

Bangladesh     210   (44.3/50 bb)

Sri Lanka wen met 70 lopies

T20-krieket

In die vierde T20-wedstryd tussen die Wes-Indiese Eilande en Pakistan het sake gister so verloop:

Windies         124/8 (20 bb)

Pakistan        127/3 (19/20 bb)

Pakistan wen met 7 paaltjies met 6 balle oor en wen die reeks met 3-1

Rugby

Die voormalige Springbok Brendan Venter het hom by die Bokke se afrigtingspan aangesluit as verdedigingsafrigter. Venter was deel van die 1995-Bokspan wat die Wêreldbeker gewen het.

Superrugby

Kom ons kyk na die uitslae van die naweek:

 

Varsityrugby

Die Halfeindwedstryde word vanaand beslis.

FNB Maties   v          FNB UJ                 Stellenbosch            16:45

FNB Tuks      v         FNB Shimlas            Pretoria                19:00

Sokker

Kom ons loer na van die uitslae in die Engelse Premierliga:

En in Suid-Afrika lyk van die Premierliga-uitslae so:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.