Vandag se sportnuus

Schalk Brits (Foto: Michael Sherman/ANA)

Rugby:

* Schalk Brits sal die Springbokke vanuit die ietwat vreemde posisie van agtsteman vir Saterdag se Wêreldbeker-kragmeting teen Namibië op die veld lei.

Brits, wat normaalweg haker speel, sal saam met Kwagga Smith en Francois Louw die lostrio vorm. Herschel Jantjies sal op skrumskakel uitdraf, met Cobus Reinach op die bank. Daar is geen plek vir Faf de Klerk nie.

Intussen sal nóg ’n Franse skeidsregter, die keer Mathieu Raynal, die fluitjie op die Toyota-stadion blaas. Sy landsgenoot Jerome Garces was aan die stuur van sake in die Bokke se wedstryd teen die All Blacks die afgelope naweek.

Die Springbok-Namibië-tweestryd sal Saterdag om 11:45 begin.

Springbokke: Warrick Gelant (heelagter), S’Bu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Schalk Brits (agtsteman en kaptein), Kwagga Smith (flank), Francois Louw (flank), Lood de Jager (slot), RG Snyman (slot), Vincent Koch (stut), Bongi Mbonambi (haker), Beast Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Steven Kitshoff, Thomas du Toit, Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Franco Mostert, Cobus Reinach, Damian de Allende, Cheslin Kolbe.

10 km-wedloop:

Kenia se Alfred Ngeno het gister die FNB Joburg 10k Cityrun in ’n nuwe rekordtyd van 29.16 min gewen. Sy tyd het die vorige rekord – wat deur Eritrea se Filmon Ande – met 11 sekondes verbeter.

Die Comrades-wenner, Gerda Steyn, was derde in die vrouewedloop.

Krieket:

Indië se voorste snelbouler, Jasprit Bumrah, sal die komende toetsreeks teen die Proteas weens ’n rugbesering misloop. Hy sal deur Umesh Yadav vervang word.

Die Proteas het die louere met Indië in die T20-reeks gedeel, ná Quinton de Kock se onoorwonne 79 gesorg het dat die Suid-Afrikaners die laaste blitswedstryd met nege paaltjies gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ja nee ·

Ek wonder hoekom sal Jesse Kriel nie eers die 23-tal haal nie. So of hy het ‘n ligte besering of hy is nou 1ste keuse buitesenter?

Genieve ·

Kan nie glo Mapempi is weer gekies nie, onthou jy kan geen span onderskat nie want dis rugby world cup.

Dereck Le Roux ·

Wie gaan in Kolisi se plek op flank uitdraf nadat hy Saterdag sy baarvader teen die All Blacks geskeur het????

peetvr ·

Regstelling Hakkers sak in skrums tussen stutte en nie slotte nie

Klippies ·

Hoe het Schalk Brits die WB-span gehaal? Dalk deur magnate se geld?

Joke! ·

Wel ek speel eerder Schalck op 6 as wat ek kolisi op ses speel…

jacobus ·

Ek kan nie verstaan dat imand soos colbi wragtig op die bank begin nie en n ou man soos britz in die begin 15 is nie Ek vra my self af speel hy net vir 10 min

Rinkhals ·

Brits sal jou verbaas. Moet hom nie met Kolbe vergelyk nie. Vergelyk hom met kwota kaptein. Hy sal meer gedoen kry op die veld en is ‘n beter leier met baie meer internasionale ervaring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.