Rugby:
- Die Vrystaatse Cheetahs begin hul Guinness Pro-veldtog môre teen die Glasgow Warriors in Bloemfontein.
- Franco Smith, wat binnekort die leisels van Italië se nasionale span gaan oorneem, sal nog ’n ruk in Bloemfontein aanbly, terwyl Hawies Fourie op die herstelpad ná ’n operasie is.
- Afskoptyd is Vrydag om 19:05.
- Die Kings begin ook hul veldtog dié naweek wanneer hulle Saterdag die Cardiff Blues in Port Elizabeth aanvat.
- In die Wêreldbeker-rugbytoernooi word twee wedstryde vandag beslis. Om 09:45 sal Italië teen Kanada kragte meet, terwyl Engeland en die VSA om 12:45 teen mekaar speel.
- Samoa (Groep A), Italië (Groep B), Engeland (Groep C) en Wallis (Groep D) is die voorlopers in die onderskeie groepe.
Krieket:
- Die Proteas speel vandag in ’n opwarmingswedstryd teen ’n Indiese uitnodigingspan.
- Die komende toetsreeks teen die Indiërs sal die Proteas se eerste reeks in Asië sonder die dienste van AB de Villiers en Hashim Amla wees.
- Dié duo het onderskeidelik teen gemiddelde van 54.56 en 47.66 in Asië gekolf. Ander Protea-kolwers sal hul sokkies moet optrek indien die Suid-Afrikaners die tuisspan op die agtervoet wil plaas.
- Dean Elgar (24.29), Faf du Plessis (22.38), Temba Bavuma (29.00), Quinton de Kock (19.66) en Aiden Markram (10.00) vaar nie té waffers in dié toestande nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Die Cheaters sal gou agterkom dis nie nou CC nie.