Vandag se sportnuus

JP Duminy. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • Die voormalige Protea-krieketspeler, JP Duminy, het die vinnigste vyftigtal in die Karibiese Premierliga aangeteken, toe hy gister 65 lopies van slegs 20 aflewerings vir die Barbados Tridents teen Trinidad en Tobago gemoker het. Duminy het sy sewe sesse geslaan en sy vyftigtal is van 15 balle aangeteken. Hy het ook twee paaltjies geneem om vir Trinidad tot 129/10 te beperk.
  • Intussen het slegte weerstoestande gesorg dat daar gister nie ’n enkele aflewering in die Proteas se opwarmingswedstryd teen ’n Indiese Uitnodigingspan afgestuur is nie. Faf du Plessis en sy makkers speel op 2 Oktober in die eerste toets teen Indië.

Rugby:

  • Die Springbokke speel môre om 11:45 teen Namibië in hul tweede Wêreldbeker-wedstryd op die Toyota-stadion in Japan. Schalk Brits sal op agtsteman die Bokke aanvoer met Kwagga Smith en Francois Louw die ander losvoorspelers.
  • In ander wedstryde speel Argentinië teen Tonga (06:45) en Japan teen Ierland (09:15). Sondag sal Australië en Wallis om 09:45 kragte meet.
  • In Pro14-nuus sal Ruan Pienaar vanaand die Cheetahs in hul kragmeting teen die Glasgow Warriors aanvoer.

Cheetahs teen Glasgow: Rhyno Smith (heelagter), William Small-Smith (regtervleuel), Benhard Janse van Rensburg (buitesenter), Dries Swanepoel (binnesenter), Anthony Volmink (linkervleuel), Tian Schoeman (losskakel), Ruan Pienaar (kaptein en skrumskakel), Henco Venter (agtsteman), Junior Pokomela (flank), Gerhard Olivier (flank), Walt Steenkamp (slot), Sintu Manjezi (slot), Erich de Jager (stut), Joseph Dweba (haker), Ox Nche (stut). Plaasvervangers: Reinach Venter, Boan Venter, Luan de Bruin, JP du Preez, Sias Koen, Jasper Wiese, Tian Meyer, Louis Fouché.

Formule 1:

  • Die Russiese Grand Prix spring Sondag weg, met Mercedes se Lewis Hamilton en Valtteri Bottas wat hul plekke op die punteleer wil verstewig.

Mercedes (527) het die meeste punte, gevolg deur Ferrari (394) en Red Bull (289).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.