Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Tydrennuus

Die 39ste Dakar-tydren se agtste skof oor 892 km is voltooi.

Motorafdeling:

Sebastien Loeb het ʼn uitstekende vertoning gelewer en het nie net die agtste skof gewen nie, maar ook die algehele voortou geneem.

  1. Loeb (Fra) Peugeot
  2. Peterhansel (Fra) Peugeot
  3. Despres (Fra) Peugeot en De Villiers (SA) Toyota in sesde plek.

Motorfietsafdeling:

Spanje se Joan Barreda het die skof op sy Honda gewen met die KTM-ryers

Matthias Walkner van Australië en Brittanje se Sam Sunderland tweede en derde plek.

Sunderland is steeds die algehele voorloper.

Vandag se negende skof in Argentinië is gekanselleer weens hewige modderstortings.

Gholf

Verskeie bekende spelers slaan more op Glendower in Ekurhuleni af in die BMW SA Ope-gholftoernooi. Die grootste aandagtrekkers is beslis die wêreld se naasbeste speler, Rory McIlroy, asook Suid-Afrika se goue seun, Ernie Els. Ongelukkig sal Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Branden Grace nie in aksie wees nie.

In die Amerikaanse PGA-reeks word die Sony Ope in Honolulu, Hawaii, gespeel.

Krieket

Verskeie internasionale wedstryde begin môre.

In Suid-Afrika begin die derde en finale kriekettoets teen Sri Lanka op die Wanderers in Johannesburg.

Intussen het Sri Lanka slegte nuus gekry. Hul naatbouler Lasif Malinga gaan die T20-reeks teen SA misloop.

In Wellington, Nieu-Seeland, begin die eerste toets tussen Nieu-Seeland en Bangladesj ook môre.

En Suid-Afrika se vrouespan speel teen Bangladesj in ʼn eendagkragmeting.

Sunfoil-krieketreeks

Drie wedstryde begin môre (12 Januarie)

WarriorsvCape CobrasBuffalo Park, Oos-Londen10:00
KnightsvDolphinsDe Beers Diamant Ovaal, Kimberley10:00
TitansvHighveld LionsSahara Park Willowmoore, Benoni10:00

Rugby

Australië se kaptein, Stephen Moore, stel nie daarin belang om as kaptein van die Reds in die superreeks op te tree nie. Nick Stiles, die nuwe afrigter, het Moore oorgeteken vanaf die Brumbies en ook Quade Cooper uit Frankryk teruggebring.

Daar is sprake dat die Cheetahs se kaptein, Francois Venter, vroeër as wat aanvanklik verwag is sy terugkeer tot die rugbyveld kan maak. Venter het in Desember ʼn enkeloperasie ondergaan.

Tennis

Auckland. Nieu-Seeland:

Daar was oorwinnings in die tweede ronde vir onder andere Feliciano Lopez, Steve Johnson en Marcos Baghdatis.

Vrouetennis

In Sydney, Australië, is Angelique Kerber deur die 19-jarige Rus Daria Kasatkina in die tweede ronde uitgeskakel. Dominica Cibulkova het haar kragmeting in die tweede ronde teen Eugenie Bouchard met 6-4 en 6-3 verloor.

Sokker

Die Wêreldbekersokkertoernooi sal van 2026 uit 48 spanne bestaan. Dit beteken dat daar 16 spanne meer sal wees as die huidige 32 spanne.

Een wedstryd is gisteraand gespeel in die Engelse Ligabeker:

Manchester United  2 – 0    Hull City.

Vandag speel Southampton teen Liverpool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.