Vandag se sportnuus

Sewesrugby

Die sewende toernooi in die Wêreldreeks word dié naweek in Hongkong gespeel. Tim Agaba sal die eerste keer dié seisoen in aksie wees nadat hy herstel het van ʼn enkelbesering. Hy speel in Stephan Dippenaar se plek. Die Griffons-heelagter, Selvyn Davids, maak sy debuut vir die Blitsbokke in die toernooi en vervang die beseerde Rosko Specman.

Die Bokke speel dié naweek in Groep A teen Frankryk, Kenia en Kanada,

Superrugby

Kom ons loer na die jongste punteleer in die Suid-Afrikaanse groep.

Intussen het die suksesvolle afrigter van die Lions, Johann Ackermann, aangekondig dat hy bedank het. Hy sal na die Superseisoen die hoofafrigter van die Engelse klub Gloucester word.

Varsityrugby

Die halfeindwedstryde van die kompetisie is gisteraand beslis en die twee spanne wat deur is na die eindstryd is Tukkies en Maties. Maties het vir UJ op Stellenbosch met 22-14 geklop. En in Pretoria het Tukkies afgereken met die Kovsies deur met 28 – 21 te seëvier. Die eindstryd word op 17 April in Pretoria gespeel.

Gholf

Op die jongste Wêreldranglys vir mans staan sake só:

En op die vroueranglys is Lydia Ko steeds die voorste speler.

 

Atletiek

Die beheerliggaam van die sport, die IAAF, het aangekondig dat die liggaam onder ʼn kuberaanval deurgeloop het wat glo gemik was op inligting oor mediese rekords van atlete. Die liggaam het by monde van hul president, Sebastian Coe, om verskoning gevra.

Tennis

Die jongste tennisranglys vir mans lyk só:

 

Vroueranglys:

 

Formule Een

Sondag word die Chinese Grand Prix gejaag en die wedrendirekteur, Eric Boullier, glo dat McLaren en Honda se swakpunte nog meer uitgewys gaan word as in die Australiese Grand Prix. Fernando Alonso kon byvoorbeeld die wedren nie eens voltooi nie.

Sokker

Kom ons loer na van die Engelse Premierliga se punteleer:

En in Suid-Afrika is daar gisteraand een wedstryd in die Premierliga gespeel.

Cape Town City het vir Chippa United met 4-1 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.