Vandag se sportnuus

S’bu Nkosi. Foto: Twitter.

Rugby:

Springbokbreier Rassie Erasmus het sy span vir die komende Wêreldbeker-kragmeting teen Italië bekend gemaak.

Willie le Roux sal weer eens die nommervyftientrui dra, met Faf de Klerk wat op skrumskakel diens sal doen.

Lood de Jager en Eben Etzebeth is die slotpaar, terwyl RG Snyman en Franco Mostert op die plaasvervangersbank is.

Bongi Mbonambi is bo Malcolm Marx op haker gekies, terwyl daar ook geen plek vir S’bu Nkosi in die span is nie.

Die Bokke het hul eerste wedstryd in die toernooi teen die All Blacks verloor, terwyl hulle nou nie juis die wêreld aan die brand teen Namibië die afgelope naweek gespeel het nie.

Die wedstryd skop Vrydag om 11:45 af.

  • Springbokke teen Italië : Willie le Roux (heelagter), Cheslin Kolbe (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), Lood de Jager (slot). Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker), Beast Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, RG Snyman, Franco Mostert, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn.

In môre se aksie meet Frankryk en die VSA om 09:45 kragte, terwyl die All Blacks en Kanada om 12:45 speel.

Atletiek:

  • By die IAAF se Wêreldkampioenskap in Doha het Noorweë se Karsten Warholm sy 400 m-hekkies-kroon verdedig toe hy gister die goue medalje met sy spogtyd van 47.42 sekondes gewen het.
  • Ethiopië se Muktar Edris het ’n by opwindende 5 000 m-wedloop gewen. Sy tyd was 12:58:85 minute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stefaans ·

Wat moet Frans Malherbe nog doen om weg gelaat te word?????? En, wat moet Nkosi nog doen om in die span te kom, hy is strate beter as Mapimpi???????

Boerseun ·

Stamp kar rugby met stamp kar senters, kan net sowel Pieter Steph op senter speel.

Frans C ·

Laat ons hoop dat die veranderinge werklik ‘n verbetering gaan wees,want ek is nie oortuig dat vertonings deur spelers met alle respek teen Namibië,die maatstaf vir span keuses vir so ‘n maak of breek wedstryd teen Italië kan wees.

Dit is baie jammer dat ‘n speler soos S’busiso Nkosi nooit teen Namibië die geleentheid gekry het om te wys wat hy kan doen.Teen Argentina het hy bewys hoe gevaarlik hy kan wees en was sy drie vir my een van die bestes van die jaar deur ‘n vleuel.

schaun ·

As all black suporter hoop ek Italië verkrummel julle miskien sal dit julle afrigter leer om die beste 15 te kies ongeag van die kwota druk gebaseer op velkleur en dus in n eerste wêreld taboe en ongrondwetlik sal wees.

Pdv ·

Hoe sukkel hulle nog met Willie le Roux!!!!!!!!!hy gaan SA nog die WB kos

Josua Keys ·

Hier is Rassie se antwoord vir die res van die WB, Cheslin Colby(15), SBU Nkosi (14), De Allende (13), Hanre Pollard(12), Jantjies(10), Kwagga Smit(11), Faf De klerk(9), Duane(K)(8), F Louw (7), Franco 5), RG Sneyman(4), Steph Du Toit(6), Beast(3), Marx(2), Kistshoff(3) Bank: H Jantjies, F Steyn, Bongi, Vincent Koch, Lood De Jager, Kholisi, AM, Willie Le Roux( As vleuel ne as Heelagter nie), Kwagga op linker vleuel se 7 skills sal baie help en dan het ons drie fetchers op die veld Kwagga(Agter), Louw en Marx(Voorlangs), Pollard en Jantjie( Twee skopper wat kan skepskop en rolskoppies kan deurskop GEEN UP EN UNDERS NIE, De Allende wat binne kan breek vir Colby om in die lyn in te kom of Sibu, Twee vleuels op die kante een met sewe skills en een met spoed, Jantjies en Faf verstaan mekaar en kan Lions rugby speel Pollard vinni en sterk genoeg om gapings te bewerkstellig solank Rassie wegdoen met skop rugby is die sy beste opsie met hardloop rugby, Colby maak op vir die spoed wat verlore mag gaan met Kwagga op vleuel. Die Bank sal opmaak vir die laaste 20 Minute of so indien dit nodig sal wees om spelers te vervang. Rassie sal nooit die sppn eers oorweeg nie want hy klou steeds aan stampkar rugby en die alewige wegskop rugby en dit gaan ons nog in die rug byt as hy nie vinnig van plan verander nie en hier is sy kans om die beker huistoe te bring.

Swartwolf ·

Wat van S’bu Nkosi op buitesenter, Frans op binnesenter, Mosterd op flank saam met Pieter Steph en Vermeulen ander los trio lede, speel Lood en RG slotte want Etsebeth doen ook maar niks afgelope paar toetse. Marx haker, Vincent vas en Kitshoff loskop. Jantjies skrum en Pollard losskakel, Kolbe en Mapimpi vleuels en le Roux heelagter.

Werner ·

Skuif DDA van 12 na 14, dan hoef hy nie uit te gee nie. Ek hoor Rassie het vir Kolbe uitgetrap omdat hy met die bal gehardloop het. Rassie se opdrag is: skop besit in die lug op!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.