Vandag se sportnuus

Makazole Mapimpi druk ’n drie vir die Bokke teen Namibië. (AP Photo/Christophe Ena)

Rugby:

  • As jy reeds by die werk is sonder jou groen trui, ry vinnig terug huis toe om hom te gaan soek!
  • Die Springbokke speel vanoggend om 11:45 in hul derde Wêreldbeker-wedstryd in Japan. Die Bokke het hul eerste kragmeting teen Nieu-Seeland met 10 punte verloor, terwyl hulle nie werklik in die daaropvolgende wedstryd teen Namibië oortuig het nie.
  • Rassie Erasmus het sterk voorspelers vir die Italiaanse tweestryd gekies met Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Lood de Jager, Franco Mostert en RG Snyman almal in die span.
  • Die Springbokke sal die kragmeting móét wen om na die uitspeelrondes deur te dring. Indien hulle verloor, sal ʼn mens hulle baie gouer by die OR Tambo-lughawe gewaar as wat aanvanklik gedink is.
  • Die span speel Dinsdag in hul laaste groepwedstryd teen Kanada.
  • In môre se groot wedstryd speel Engeland teen Argentinië om 10:00.

Krieket:

  • Indië het die hef in die hand ná twee dae se toetskrieket teen die Proteas.
  • Die tuisspan het ’n reusagtige eerstebeurttelling van 502/7 aangeteken te danke aan spogbeurte deur Rohit Sharma (176) en Mayank Agarwal (215). Dié twee het ’n openingsvennootskap van 317 lopies geniet.
  • Die Protea-kolwers het gesukkel en Ravichandran Ashwin het vir Aiden Markram (5) en Theunis de Bruyn (4) vinnig terug na die kleedkamers gestuur.
  • Dean Elgar (76*) en Faf du Plessis (48*) is egter besig om die Protea-kastaiings uit die vuur te krap met ʼn goeie vennootskap om die vyfde paaltjie.
  • Die Proteas is tans 153/4 nadat hulle op 39/3 gesteier het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AB ·

Ek skree vir die All Blacks! En enige ander span wat teen die bokke speel!

Jonathan ·

Ek skree ook vir die all black, maar het die Bokke ondersteuners regtig ge stress oor die game teen Italie indien wel dan weet ek nie

PJN ·

As julle die land so haat en teen almal en alles skree, trek julle tentpenne uit en gaan bly oorsee in die sogenaamde lande van melk en heuning. Julle sal vinniger terugkom as wat julle gegaan het…glo my.

Poot ·

Dankie PJN.
Hierdie klomp anti-bokke is ñ pyn in die jy weet waar. Maar wanneer die bokke die WB wen braai hulle DIK stukke steaks.

Boerseun ·

En so ondersteun julle rasse diskiminasie met julle ou groen truitjie. Ergste is deur dit te ondersteun gee julle regmatigheid aan die rasse diskriminasie en gaan niemand n oog lig nie, julle het mos geen probleem met “reverse racism”, solank ons ou Robbie se nuwe rugby song kan luister en bokkie nog op die trui is. 30 jaar terug is die selfde groen truie met meel bomme gegooi oor dieselfde diskriminasie, nou kraai geen haan. Julle huil oor die oranje, blanje , blou maar ondersteun nog die nonsens. Gin wonder my volk is in sy “moer”

Swartwolf ·

Boerseun jy is 100% reg. Ek ondersteun nog die bokke maar haat die kwota sisteem en alles wat daarmee vereenselwig word. Jou woorde oor meelbom toets in NZ en nou se diskriminasie is so waar. Uiteindelik sal die springbok ook tot haatspraak status verklaar word, so ook die Volkslied wat op die landsvlag sal volg. Die simbole is nie simbole van apartheid nie, dis simbole van “excellence”, “achievement” en intelligensie. Die wat dit so haat en dit wil uitwis doen dit agv hul diep gesetelde gevoel van onder presrering en minderwaardigheid wat gemeet aan die absolute verval van SA in 25 jr net aanhou,

Boerseun ·

Julle onder rok hang uit maroela. Omdat van ons nie saam met julle “dogma” saam stem nie dan delete ons maar net kommentaar. Ek sê weer, om die springbokke te ondersteun is om rasse diskriminasie te ondersteun.

Vra net ·

Nou ou boerseun kan die Oom jou ietsie vertel ons almal wil huil of blaf maar wat op aarde gaan jou of my opinie aan die kwota saak verander ,dit is hier om te bly en as ons dit nie wil aanvaar nie moet ons maar trek ons gaan in ons leeftyd niks daaraan kan doen nie so hoekom teen jou eie mense in die bok span skree .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.