Vandag se sportnuus

Quinton de Kock. (Foto: AP Photo/Schalk van Zuydam)

Krieket:

  • Hoewel die Proteas slég teen Indië in die eerste toets verloor het, is Dean Elgar (160) en Quinton de Kock (111) se honderdtalle darem op ’n individuele basis beloon.
  • De Kock is nou die sewende beste toetskolwer ter wêreld, terwyl Elgar ook ’n paar ranglysspronge gemaak het – hy is tans die 14de voorste toetskolwer.
  • Die tweede toets begin Donderdag in Pune.

Rugby:

  • Die Springbokke speel vanmiddag in hul laaste groepwedstryd teen Kanada.
  • Hoewel daar heelwat nuwe spelers in die span is, het Rassie Erasmus (afrigter) gesê dat hy dieselfde intensiteit van die span verwag.
  • “Dit help veel jy wen met ’n goeie telling [49 – 3 teen Italië], maar jy verbeter nie met elke kragmeting nie. In die uitklopwedstryde sal ons vermoë om die drukkoker-situasies te hanteer van kardinale belang wees. En dit verg 80 minute se konsentrasie,” het hy gesê.
  • Afskoptyd is om 12:15 en die wedstryd word regstreeks op SuperSport1 uitgesaai.
  • Springbokke: Damian Willemse (heelagter), Warrick Gelant (regtervleuel), Damian de Allende (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), S’bu Nkosi (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Cobus Reinach (skrumskakel), Francois Louw (agtsteman), Siya Kolisi (flank en kaptein), Kwagga Smith (flank), Franco Mostert (slot), RG Snyman (slot), Vincent Koch (stut) Schalk Brits (haker), Thomas du Toit (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Herschel Jantjies, Handré Pollard, Willie le Roux.
  • Kanada: Andrew Coe (heelagter), Jeff Hassler (regtervleuel), Conor Trainor (buitesenter), Ciaran Hearn (binnesenter), DTH van der Merwe (linkervleuel), Peter Nelson (losskakel), Phil Mack (skrumskakel), Tyler Ardron (kaptein en agtsteman), Matt Heaton (flank), Lucas Rumball (flank), Kyle Baillie (slot), Evan Olmstead (slot), Jake Ilnicki (stut), Andrew Quattrin (haker), Hubert Buydens (stut). Plaasvervangers: Benoit Piffero, Djustice Sears-Duru, Matt Tierney, Josh Larsen, Michael Sheppard, Jamie MacKenzie, Shane O’ Leary, Guiseppe du Toit.

Tennis:

  • Die Brit, Andy Murray, het sy enkelspelkragmeting in die openingsronde van die Shanghai-meesters gister gewen.
  • Die 32-jarige het Argentinië se Juan Ignacio Londero met 2 – 6, 6 – 2 en 6 – 3 gewen.
  • Murray het vroeër ’n ernstige heupbesering opgedoen en hy het sy uittrede uit tennis aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J ·

Tyd om ontslae te raak van Markram en veral de Bruyn. Gee Rassie n kans.

Wilma Swanepoel ·

Hoe lank vat dit voor ons kommentaar kry na wereldrugby wedstryd reeds in die iggend afgehandel is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.