Vandag se sportnuus

Die All Blacks se wedstryd teen Italië is gekanselleer. . Foto: (Andrew Cornaga/Photosport via AP)

Rugby:

  • Die supertifoon Hagibis sal Japan hierdie naweek tref en twee wedstryde is om veiligheidsredes gekanselleer.

Die kragmeting tussen Nieu-Seeland en Italië, asook die Europese tweestryd tussen Frankryk en Engeland sal nie meer voortgaan nie.

Die spanne het elk twee ligapunte ontvang.

Volgens weerkenners sal die tifoon veral stede soos Tokio, Yokohama en Toyota die hardste tref en die toernooidirekteur, Alan Gilpin, het ondersteuners gemaan om eerder Saterdag agter geslote deure te bly.

“Ons het ons bes gedoen om met gebeurlikheidsplanne vorendag te kom sodat Saterdag se wedstryde kan voortgaan, maar dit sal ongelooflik onverantwoordelik wees om spelers, ondersteuners en wedstrydbeamptes aan die slegte weerstoestande bloot te stel,” het Gilpin gesê.

  • Hoe die verskillende groepe tans lyk:

Groep A:

  1. Japan: drie wedstryde gespeel, 14 punte
  2. Ierland: drie wedstryde gespeel, 11 punte
  3. Skotland: drie wedstryde gespeel, 10 punte
  4. Samoa: drie wedstryde gespeel, 5 punte
  5. Rusland: vier wedstryde gespeel, 0 punte

Groep B:

  1. Nieu-Seeland: vier wedstryde voltooi, 16 punte
  2. Suid-Afrika: vier wedstryde gespeel, 15 punte
  3. Italië: vier wedstryde voltooi, 12 punte
  4. Namibië: drie wedstryde gespeel, 0 punte
  5. Kanada: drie wedstryde gespeel, 0 punte

Groep C:

  1. Engeland: vier wedstryde voltooi, 17 punte
  2. Frankryk: vier wedstryde voltooi, 15 punte
  3. Argentinië: vier wedstryde gespeel, 11 punte
  4. Tonga: drie wedstryde gespeel, 1 punt
  5. VSA: drie wedstryde gespeel, 0 punte

Groep D:

  1. Wallis: drie wedstryde gespeel, 14 punte
  2. Australië: drie wedstryde gespeel, 11 punte
  3. Fidji: vier wedstryde gespeel, 7 punte
  4. Georgië: drie wedstryde gespeel, 5 punte
  5. Uruguay: drie wedstryde gespeel, vier punte

Krieket:

  • Indië het weer eens die loot gewen en wéér besluit om eerste te kolf in die tweede toets teen die Proteas in Pune.

Die Proteas het Anrich Nortje in Dane Piedt se plek gekies.

Die Indiërs het teen etenstyd 77/1 op die telbord gehad. Kagiso Rabada het van die gevaarlike Rohit Sharma ontslae geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

James ·

Swak beplanning deur Japan.
Hulle weet mos wanneer dit seisoen is vir hierdie katastrofes.
Wat was hulle plan B?
Lyk my nie daar is een nie.
Baie baie swak.Dit laat n bitter smaak in die mond.

Gam ·

Ek het lanklaas so lekker gelag. Weet nie of ek dankie of sterkte vir jou moet sê nie James!

What a joke! ·

Los die man uit. Hy hou nie daarvan om rugby te mis nie ok…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.