Vandag se sportnuus

Italië se Sergio Parisse. Foto: Ichiro Sakano/Kyodo News via AP.

Krieket:

  • Die Protea-boulers kry die wind van voor in die tweede toets teen Indië in Pune.

Virat Kohli het weer eens die loot gewen en glad nie getwyfel om eerste te kolf nie. Mayank Agarwal (108) het weer ’n honderdtal geslaan, terwyl Kohli (104*) self ’n honderdtal aangeteken het.

Indië is tans 356/3.

Rugby:

  • Kanada se Josh Larsen is vir drie weke geskors ná sy roekelose duikslag teen die Springbokke vroeër hierdie week.

Die Bokke het dié Wêreldbeker-kragmeting met 66 – 7 gewen.

  • Intussen het Italië se kaptein, Sergio Parisse, die Wêreldbeker-organiseringskomitee gekap omdat hul Groep B-wedstryd teen die All Blacks weens ʼn dreigende tifoon afgestel is.

Albei spanne het twee ligapunte gekry, wat beteken dat Italië die toernooi op 12 punte afsluit.

“Dit is verregaande dat daar geen Plan B gereed is om die wedstryd op ’n latere stadium te speel nie. Dit is immers nie eintlik iets nuuts dat tifone Japan tref nie. Ek dink as die All Blacks ligapunte benodig het, sou ons die wedstryd wel gespeel het,” het Parisse gesê.

Daarteenoor het die All Blacks-afrigter, Steve Hansen, gesê dat dit ’n maklike besluit was om die wedstryd te kanselleer omdat spelers en ondersteuners se veiligheid voorkeur geniet.

Formule I:

  • Mercedes AMG se Valtteri Bottas het die vinnigste tyd in die oefenronde by die Japanse F1 opgestel.

Die vyf top-tye:

  1. Valtteri Bottas (Mercedes-AMG): 1:28.731 minute
  2. Lewis Hamilton (Mercedes-AMG): 1:28.807 minute
  3. Sebastian Vettel (Ferrari): 1:29.720 minute
  4. Charles Leclerc (Ferrari): 1:29.912 minute
  5. Max Verstappen (Red Bull-Honda): 1:30.046 minute

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jonathan ·

Ek verstaan hoe Italy voel maar cowboys don’t cry, maklik om te se as die AB punte gekort het sou die game aangaan,

Swartwolf ·

Parisse behoort dankbaar te wees om nie die All Blacks te hoef speel nie ten minste 60 punte wen vir die AB’s.

Hennie ·

Dink Italie se kaptein werklik hulle kan die All blacks klop en dan met nog meer as 130 punte om n beter netto punte as SA te he, en dan te kwalifiseer vir die uitspeelrondtes. RERIG!!

Poot ·

Italië moet maar eerder ñ wag voor hul mond sit. 2 punte is beter as ñ sekere 0 wat hulle sou gekry het.

Werner ·

Die reels is lank voor die toernooi aan almal gekommunikeer, so Parisse huil verniet.

Indien die wedstryd wel sou plaasvind, en die Kiwis gooi die game, dan was die Bokke dalk oppad huis toe.

Roeks Griessel ·

Die 2 wedstryde kon ‘n dag vervroeg word en op Vrydag gespeel.

Dries ·

Ek stem 100 persent saam met die organiseerders dat die veiligheid van mense priorities no 1 is en nie wie is die volgende kampioen nie, maar vir die toekoms dink ek moet hulle voorsiening maak vir n alternatiewe stadion of 1 dag se uitstel sou n wedstryd nie volgens skedule op n gegewe tyd en plek kon plaasvind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.