Die eerste Major van die jaar, die Amerikaanse Meesters, begin môre op Augusta. Dié toernooi word soos gebruiklik voorafgegaan deur die Syfer 3-kompetisie wat vandag gespeel word. Die drie Suid-Afrikaners wat die groen baadjie al kon aantrek, is Charl Schwartzel (2011), Trevor Immelman (2008) en Gary Player (1961, 1974 en 1978). Die wêreld se voorste speler, Dustin Johnson, sal in die eerste ronde saam met Bubba Watson en Jimmy Walker speel.
Swem
By die Nasionale Swemkampioenskap in Durban het Cameron van der Burgh op dag een in die 100m-borsslag vir FINA se Wêreldkampioenskap gekwalifiseer. Chad le Clos het vir die 4x100m-aflos gekwalifiseer.
Van gister se kwalifiseringsuitslae lyk só:
Cameron van der Burgh 100m-borsslag 59.73
Myles Brown 200m-vryslag 1:47.51
Atletiek
Die Suid-Afrikaanse Senior Atletiek-kampioenskap word op 21 en 22 April op Potchefstroom aangebied. Die fokus gaan veral op die 100m vir mans wees, waar daar reeds vier atlete is wat in die afgelope paar maande ’n tyd van onder 10 sekondes aangeteken het. Name soos Akani Simbine, Henrico Bruintjies, Wayde Van Niekerk en die nuweling Thando Roto sal hul staal toon.
Olimpiese Spele
Los Angeles en Parys het gister beide hul bod as kandidate vir die 2024-spele aan die Internasionale Sportfederasie oorhandig.
Sewesrugby
Die sewende toernooi in die Wêreldreeks word die naweek in Hongkong gespeel. Op die jongste punteleer is die Blitsbokke gemaklik voor.
Varsityrugby
Ná Maandagaand se halfeindwedstryde is die tafel gedek vir die eindstryd wat op 17 April gespeel word. Tukkies sal op hul tuisveld in Pretoria teen die Maties uitdraf. Die wedstryd begin om 19:00.
Tennis
Die naweek val die kollig op die Davisbekerreeks. Suid-Afrika speel teen Slowenië in hul Euro/Afrika Groep 2-kragmeting. Die aksie begin Vrydag by die Irene Buiteklub in Pretoria en duur tot Sondag. Die wenner sal in September die geleentheid kry om vir promosie na Groep 1 te vorder.
Motorwedrenne
Die tweede ronde van beide die Formule Een-reeks asook die MOTO GP-reeks word die naweek gejaag. Die Formule Een-aksie is in China terwyl die Moto GP-jaers sake in Argentinië sal uitspook.
T20-krieket
Bangladesj en Sri Lanka het gister kragte gemeet in die eerste van twee wedstryde.
Bangladesj 155/6 (20 bb)
Sri Lanka 158/4 (18.5/20 bb)
Sri Lanka wen met 6 paaltjies met 7 balle oor.
Intussen het die Suid-Afrikaanse snelbouler Marchant de Lange ’n driejaar-kontrak met die Britse klub Glamorgan geteken. De Lange is 26 jaar oud.
Sokker
In die Nedbankbeker is daar gisteraand drie wedstryde gespeel.
Baroka FC 0 – 1 Platinum Stars
KwaDukuza United 0 – 2 SuperSport United
Jomo Cosmos 1 – 1 Bidvest Wits
Kom ons loer na die plaaslike Premierliga se punteleer:
Vanaand speel Mamelodi Sundowns teen Bloemfontein Celtic om 19:30.
In die Engelse Premierliga is vier wedstryde gisteraand gespeel: