Vandag se sportnuus

Jaco Peyper. (Foto: news.com.au)

Rugby:

  • Die Engelsman, Wayne Barnes, sal Sondag die fluitjie blaas wanneer die Springbokke teen Japan in die kwarteindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Tokio speel.
  • Intussen sal Suid-Afrika se Jaco Peyper in beheer wees van die kwarteindstryd tussen Frankryk en Wallis. Sy landgenoot, Marius Jonker, is die televisie-skeidsregter vir die wedstryd.

Dit sal Peyper se 50ste internasionale toetswedstryd wees.

  • Dan behoort Bok-spelers soos Cheslin Kolbe en Herschel Jantjies gereed te wees vir die belangrike uitspeelstryd.

Krieket:

  • Van die wêreld se krieketlegendes, onder wie die Proteas se Jacques Kallis, sal deel wees van ’n T20-reeks in Indië.

Dié vertoonwedstryde sal dien as ’n bewusmakingsveldtog oor padveiligheid en die wedstryde sal in Februarie 2020 gespeel word.

Van die ander krieketlegendes wat hul deelname bevestig het, is Sachin Tendulkar, Brett Lee, Shivnarine Chanderpaul, Brian Lara en Muttiah Muralitharan.

Netbal:

  • Die Afrika-netbalbeker begin Vrydag in Kaapstad.

Die Proteas se eerste wedstryd is op die openingsdag om 18:00 teen Malawi.

Die Protea-span: Bongiwe Msomi (kaptein), Sigrid Burger, Khanyisa Chawane, Rome Dreyer, Precious Mthembu, Izette Griesel, Lenize Potgieter, Lefebre Rademan, Monique Reynecke, Renske Stoltz, Zanele Vimbela en Shadine van der Merwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MH ·

Ek hoop die T20 reeks word op televisie uitgesaai. Dit sal lekker wees om weer die ou helde in aksie te sien, al is die litte seker al ‘n bietjie stram.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.