Vandag se sportnuus

Rassie Erasmus. Foto: (Kyodo News via AP)

Rugby:

  • Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het ’n ervare span vir Sondag se Wêreldbeker-kwarteindstryd aangekondig.

Dit is presies dieselfde 23-tal wat vroeër met Italië 49-3 in die groepfase afgereken het.

Die span word deur voorspelers oorheers, met ses voorspelers – Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, RG Snyman, Franco Mostert en Francois Louw – op die plaasvervangerbank.

Goeie nuus is dat die opwindende Cheslin Kolbe genoeg van sy besering herstel het en op regtervleuel sal begin.

Die wedstryd begin Sondag om 12:15 en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

  • Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Cheslin Kolbe (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker), Beast Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, RG Snyman, Franco Mostert, Francois Louw, Herschel Jantjies en Frans Steyn.

Krieket:

  • Die derde en laaste kriekettoets tussen die Proteas en Indië begin Saterdag. Die Proteas het die reeks reeds verloor.

Boks:

  • Die Amerikaanse bokser, Patrick Day, is gister oorlede nadat hy ernstige breinbeserings in sy geveg teen Charles Conwell opgedoen het.

Hy is verlede naweek in die 10de ronde deur Conwell uitgeslaan en na die hospitaal gehaas.

Day is die derde bokser wat vanjaar weens krytbeserings gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

10 Kommentare

Hein ·

Sterk span met goeie voorspelers op die bank ook. Nou wag ek net vir die Maroela Coaches om vir Willie en Faf uit te haal en ook om te se hoe ons moet 2015 onthou en dat Japan nie ligtelik opgeneem moet word nie asof Rassie dit nie alreeds weet nie. :-)

Siener ·

Verseker ‘n baie goeie Bok span.
Wie sou kon dink dat die Bokke vir Japan bang is? Geluk aan Japan vir die vordering wat hulle gemaak het.

Hein ·

Siener jip self Steve Hansen is skrikkerig vir Japan maar om eerlik te wees ek dink meer dis die ondersteuners wat bang is virJapan. Ek glo Rassie het ‘n plan en ek het ‘n gevoel die punte verskil gaan ten minste 15 wees Sondag.

Frank ·

Sou gedink het Reinach se spelpatroon sou hom meer geskik maak teen Japan? Maar miskien nie.

Pietsnot ·

Hein, het jy nie dalk vir ons n gevoel oor die lotto nommers ook nie?

Hein ·

Die verskil is Lottery is presies dit Lottery. Rugby kan mens nog beter voorspel. So nee met die lottery is jy op jou eie.

Koos ·

Sonder n spelskepper soos Reinach en n fetcher soos Kwagga, tesame met lomp Ellende wat die agterlyn vertraag… Is daar niks waarvoor ons skrik nie.
Hopelik kom die ‘kaptein’ vinnig af.

Niklaas ·

Puik spankeuses. Ek glo Rassie weet wat hy doen en dat hy sy planne agtermekaar het. Ek is steeds maar skrikkerig vir die aanvalle wat die Japanners gaan uitvoer , veral in leemte wat gewoonlik deur Mapimpi gelaat word. Maar ons hou duim vas en voel positief oor die Bokke se sukseskanse. Maklik sal dit egter nie wees nie.

jakes ·

Faf de Klerk het sover power gevaar in die WB. As Rassie dit nog nie agter gekom het nie dan het hy dringend nuwe brille nodig. Jantjies en Reinach speel tans baie beter as De Klerk. Wat Faf se uitstaande kwaliteit is tans om sy hak in die grond in te kap voor hy skop en dit het hy waarskynlik by n vrou geleer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.