Vandag se sportnuus

Temba Bavuma word deur Mohammed Shami skoongeboul. (Mahesh Kumar A./AP)

Krieket:

  • Die Proteas speel môre in die derde en laaste toets van hul nagmerrie-toer teen Indië. En die beleërde Suid-Afrikaanse kaptein, Faf du Plessis, het gesê die kolwers moet hul sokkies optrek.

“Ons moet honderdtalle slaan, soos wat die Indiese kolwers doen,” het hy gesê.

Die Proteas sal egter sonder die sukkelende Aiden Markram moet klaarkom nadat die openingskolwer gister na Suid-Afrika teruggekeer het.

’n Gefrustreerde Markram het sy gewrig beseer nadat hy ’n harde voorwerp geslaan het toe hy vir sy tweede nulletjie in die Pune-toets uitgehaal is. En met geskikte plaasvervangers maar yl gesaai, is Kyle Verreynne darem ’n ligstraal op die eersterang-horison.

Die Kobras-kolwer het twee honderdtalle (155 en 115) teen die Titans in die plaaslike reeks geslaan.

Rugby:

  • Die uitspeelrondes van die Wêreldbeker-rugbytoernooi is hier en die Springbokke is een van die spanne wat sake in die kwarteindstryde sal uitspook.

Die bepalings:

Saterdag om 09:15: Engeland teen Australië op die Oita-stadion.

Saterdag om 12:15: Nieu-Seeland teen Ierland op die Tokio-stadion.

Sondag om 09:15: Wallis teen Frankryk op die Oita-stadion.

Sondag om 12:15: Suid-Afrika teen Japan op die Tokio-stadion.

  • In Pro14-nuus het die Kings en die Cheetahs vandeesweek ’n loslootjie. Die Oos-Kapenaars speel volgende week teen Benetton, terwyl die Vrystaters teen Connacht sal kragte meet.

F1:

  • Volgende op die F1-kalender is die Meksikaanse wedren op 27 Oktober. Mercedes se Lewis Hamilton het ’n gemaklike voorsprong in die reeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AB ·

Geen wonder hulle speel so vrot nie! Die kaptein moet dan eers kyk hoe Indië honderdtalle slaan voor hy besef dit is wat ons ook moet doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.